Meer as 1 000 ‘gewone mense’ sal koninklike troue bywoon

Engeland se Prins Harry en sy verloofde, Meghan Markle, kom by die Nottingham Academy in Nottingham, Engeland aan (1 Desember 2017). Foto: AP Photo/Frank Augstein

Altesaam 1 200 lede van die Britse publiek gaan op 19 Mei vanjaar die geleentheid kry om die koninklike troue van prins Harry en Meghan Markle in Windsor, wes van Londen, by te woon.

Die twee het Dinsdag aangekondig dat hulle 1 200 lede van die publiek, mense wat onder meer sterk leierskap toon en hul gemeenskappe dien, na hul groot dag genooi het.

Volgens die Kensington-paleis het die paartjie ook gevra dat mense nié geskenke moet stuur om hul groot dag te vier nie, maar eerder geld te skenk aan een van die sewe liefdadigheidsorganisasies wat hulle met die hand uitgesoek het.

“Die paartjie wil hê soveel as moontlik mense moet baat vind by mense se vrygewigheid,” lui ʼn verklaring. “Die sewe organisasies wat hulle gekies het, reflekteer die waardes waarvoor hulle staan.”

Volgens die verklaring het Harry en Meghan nié voorheen met dié liefdadigheidsorganisasies gewerk nie. Die organisasies is Chiva (Children’s HIV Assosciation), Crisis (ʼn liefdadigheidsorganisasies vir haweloses), Myna Mahila Foundation (ʼn organisasie wat vroue in Mumbai bemagtig), Scotty’s Little Soldiers (ʼn organisasie wat kinders steun wie se ouers of ouer in die weermag dood is), StreetGames​ (ʼn organisasie wat sport gebruik om jong mense se lewens te verryk), Surfers Against Sewage (ʼn mariene bewaringsorganisasie) en The Wilderness Foundation UK (ʼn organisasie wat die voordele van die natuur bepleit).

Die paartjie het ook Dinsdag bekendgemaak dat hulle nié politieke leiers op grond van die leier se posisie na hul troue gaan nooi nie. CNN berig dat nie pres. Donald Trump van die VSA of oudpres. Barack Obama die troue sal bywoon soos vroeër op sosiale media bespiegel is nie. Selfs nie Theresa May, eerste minister van Brittanje, is op die gastelys nie.

Volgens CNN sal die Obamas egter weens ander verpligtinge nie die troue bywoon nie aangesien hulle “goeie vriende” van die koninklikes is.

Maroela Media het vroeër berig Harry en Markle se troue gaan die Britse ekonomie glo ʼn hupstoot van sowat £500 miljoen gee. Volgens ʼn skatting van David Haigh, uitvoerende hoof van die Britse nasionale statistiekekantoor, sal £200 miljoen hiervan deur toerisme, onder meer deur hotelle, gegenereer word. Haigh sê toeriste sal meer as £150 miljoen aan partytjies spandeer voor en ná die koninklike troue en sowat £50 miljoen aan memorabilia soos T-hemde.

Lees meer oor die koninklike troue op Maroela Media.

Philip Gillespie het sy been verloor in Afghanistan en samel nou fondse in vir mense wat beserings in die weermag opgedoen het (Foto: Twitter)

Amy Wright bied werksopleiding en ondersteuning vir jong mense tussen die ouderdomme van 16-25 met spesiale behoeftes (Foto: Twitter)

Reuben Litherland is doof gebore en het onlangs begin lesse gee tydens skoolpouses om gebaretaal vir leerders op skool te leer (Foto: Twitter)

Pamela Anomneze het ‘n onderneming wat persone help herstel van geestesgesondheidskwessies deur middel van die kreatiewe kunste (Foto: Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Abe ·

Dit is n wonderlike idee van die paartjie om gewone mense ook te nooi. Dit gaan n sprokiestroue wees. ‘Wens hulle baie geluk toe.

waarheid ·

Kan nie minder omgee nie – dis tyd dat die royals hulle tasse pak.

Oits ·

Ja ai . dink julle ENIGEEN in Brittanje stel belang as iemand in SA trou? Maak nie saak watter posisie in SA iemand beklee nie .. die UK kan minder gehinder wees. Kan steeds nie die verering van die Britte verstaan nie. Lyk of almal geheueverlies het. NIEMAND MAG APARTHEID VERGEET NIE, maar almal moet die Anglo Boere-oorlog en Konsentrasiekampe vergeet. Nou moet elke koninklike troue in ons kele afgedruk word .. Ek gee nie om met wie hy trou en hoe lank dit gaan hou en wat hulle elke dag aantrek nie . daar is duidelik BAIE mense wat meer verveeld as ek is. Laat hulle in Brittanje doen wat hulle wil en daar vereer word en dis oulik dat hulle ‘gewone’ mense na hulle troue toe nooi alhoewel Meghan ook maar niks anders as GEWOON is nie . maar toemaar … Ek gun hulle geluk en voorspoed en alles wat mooi is op hulle pad, maar hou dit asb in Brittanje en hou op om dit in ons in Suid Afrika se kele af te druk ..

Hoef nie ·

Oits, jy hoef vir ‘n begin nie hierdie berig onder bespreking te lees nie en definitief nie jou tyd te mors om kommentaar daarop te lewer nie. Niemand dwing jou om die troue op TV te kyk nie, dis jou keuse. Daar is wel andere wat daarin belangstel. Vergeet maar van die Anglo-Boere-oorlog en die konsentrasiekampe, los dit maar in die verlede waar dit hoort. Dis tyd om aan te beweeg.

Denise ·

Die britte stel net in die land belang voel vere vir ons ek en ek voel dieselfde oor hulle ek gee nie om of hulle die sirkus nooi nie en of hulle maan toe gan nie !!!!!

Ria ·

Als goed en wel, wens hul als van die beste toe. Mag die paar dolgelukkig wees.
Ek kan die tipe van nuus verstaan, MAAR ons het tans in SA groter dinge wat ons aandag moet verg as ‘n troue iewers in die buiteland, ongeag wie s’n dit is.

VanAfrika ·

Net omdat julle nie belangstel nie, is nie te sê daar is ander wat belangstel nie. Prinses Diana was die appifiny van koningklikheid. Sy het meer bloubloed in haar are gehad as enige van daardie koninglikes en dis die waarheid. Sy het baie mense ore aangesit oor menslikheid iets wat baie van ons kort kom. Daarom sal ek volg wat haar kinders doen. Sy moes hier gewees het om al die dinge van haar kinders te ervaar, want sy het so baie vir armes en sieklikes gedoen. Nou was dit van haar ontneem omdat haar man ontrou was. As hy sy beloftes teenoor God nagekom sou sy nie daai aand in Parys gewees het nie en was sy vandag nog by haar kinders en sou sy nou haar kleinkinders geniet het. MM dankie vir die inligting aangaande Prinses Diana se seuns.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.