Meer as 10 000 kalkoene sal oor voëlgriep geslag word

Argieffoto (Foto: Gerhard G/Pixabay)

Meer as 10 000 kalkoene sal op ʼn plaas in Engeland geslag word ná voëlgriep deur die departement van omgewingsake, voedsel en landelike sake bevestig is.

Die voëlgriep is onder 10 500 kalkoene geïdentifiseer op ʼn plaas in die noorde van Engeland, het die departement gesê. Alle kalkoene sal geslag word in ʼn poging om verspreiding van die siekte te voorkom.

Engeland se departement van openbare gesondheid het gesê die risiko is baie laag vir openbare gesondheid. “Voëlgriep is op ʼn handelsplaas naby Northallerton, North Yorkshire bevestig,” het Christine Middlemiss, hoof- veeartsenybeampte, gesê. “Volgens die Voedselstandaardeagentskap hou voëlgriep ook ʼn baie lae voedselveiligheidsrisiko in vir verbruikers in die Verenigde Koninkryk.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vrijburger ·

‘Het jy geweet?’
In die VSA word daar ‘n geskatte 46 miljoen kalkoene verorber net op die Dankseggingsdag (Thanksgiving).

Dirk Mostert ·

Hopelik word die karkasse geeet en nie weggegooi nie. In Denemarke het hulle weer pelsdiertjies uitgeroei vir nog ‘n soort griep. Ons vorige minister van gesondheid het die suikerbedryf geruineer met ‘n suikerbelasting om obesiteit te beveg en ons verdoem tot koeldrank met kunsmatige versoeter. Wimpy se strooitjies smaak soos toiletpapier ter wille van die “recycling” afgod. Allerhande bevliegings van die owerhede.

Rudolph ·

Diere of mense wat gesterf het moet begrawe of veras word. Ons het geensins nodig om diere liggaamsdele te eet nie

Rudolph ·

Solank ons diere laat mishandel en doodmaak vir ons smaak, vermaak, mode of gerief sal soonotiese siektes uitbreek. Covit-19 is maar net die begin. Haal diere van ons borde af en die probleem verdwyn

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ja nee. As dit Amerika was, was dit ‘n “Thanksgiving”-nagmerrie!

Rudolph ·

Teenstrydigheid om 45 miljoen diere te vermoor om dankie te sê. Klink soos die paaslam en kersvark vergryping.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.