Meer as 100 vas oor betogings in Griekeland

Jong mans bestook polisiebeamptes met petrolbomme in Exarchia, Athene (6 Desember 2018) (Foto: AP Photo/Yorgos Karahalis)

Griekse owerhede het gesê meer as 100 persone is in aanhouding in verband met betogings in Athene en die noordelike stad Thessaloniki tydens geleenthede om ʼn tiener, wat 10 jaar gelede deur polisiebeamptes doodgeskiet is, se lewe te gedenk.

Die polisie het Vrydag gesê 66 persone is in Athene in aanhouding sedert die geweld Donderdag begin het. Dertien van die persone is in hegtenis geneem.

Vyftien persone is in Thessaloniki in hegtenis geneem ná 52 persone aangehou is.

Betogers het in Athene versperrings aan die brand gesteek en polisiebeamptes met klippe en vuurwerke bestook. Polisiebeamptes het reageer met traangas, skokgranate en ʼn waterkanon.

Alexis Grigoropoulos (15) is op 6 Desember 2008 oorlede. Sy afsterwe het tot van die ergste betogings in Griekeland gelei. Die geweld het vir twee weke lank voortgeduur en ook na ander gebiede uitgebrei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon ·

Lyk my Griekeland en Frankryk het n kompetisie om te sien wie die lekkerste kan betoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.