Meer as 100 vas tydens #BlackLivesMatter-betogings in Londen

Black Lives Matter-betogers in Trafalgarplein in Londen (13 Junie 2020) (Foto: Victoria Jones/PA via AP)

Meer as 100 persone is in hegtenis geneem ná duisende Black Lives Matter en verregse betogers Saterdag in Londen saamgekom het, ondanks versoeke dat die betogings nie moet voortgaan nie, het die polisie in Engeland gesê.

Eerste minister Boris Johnson het gesê meeste van die geweld het van die verregse betogers gekom wat met versperrings en polisiebeamptes van die Black Lives Matter-betogers geskei is.

Die polisie het gesê die betogings was grootliks vreedsaam met “enkele voorvalle van geweld teen polisiebeamptes”. Diegene wat in hegtenis geneem is, word beskuldig van oortredings soos “gewelddadige wanorde”, aanranding op polisiebeamptes, die besit van ʼn wapen, die besit van dwelmmiddels en besopenheid.

“Rassistiese boewery het geen plek op ons strate nie,” het Johnson op Twitter geskryf. “Hierdie optogte en betogings word omvergewerp deur geweld en is ʼn oortreding van bestaande riglyne oor sosiale distansiëring. Rassisme het geen plek in die Verenigde Koninkryk nie en ons moet saam werk om dit ʼn realiteit te maak.”

Nog betogings is vir Sondag beplan ná optogte Saterdag in Newcastle, Bristol, Chelmsford, Canterbury en Brighton plaasgevind het, waar sowat 10 000 Black Lives Matter-betogers al langs die kus aan die optog deelgeneem het.

Die betogers het Johnson se versoek Vrydag, om die beweging te beëindig, geïgnoreer. Hy voer aan Black Lives Matter-betogers word “gekaap deur ekstremiste wat slegs op geweld gefokus is”.

Die biskop van Dover, Rose Hudson-Wilkin, die Kerk van Engeland se eerste vroulike swart biskop, het Saterdag se betogings ondersteun. “Ons sou daarvan gehou het om nie tydens ʼn pandemie bymekaar te kom nie, maar hierdie is baie belangrik,” het Hudson-Wilkin aan betogers in Canterbury gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Adam Adriaan ·

Alle gereel deur die Gobal Elite reg deur die wêreld. Soos met die Covid -19

Theo ·

“Every record has been destroyed or falsified, every book rewritten, every picture has been repainted, every statue and street building has been renamed, every date has been altered. And the process is continuing day by day and minute by minute. History has stopped. Nothing exists except an endless present in which the Party is always right.”
George Orwell, 1984

Snowball ·

En só word die 3-woord slagspreuke die nuwe insig van die massas, die dreunsang op die lippe van die sg bevryders en vegters vir regverdigheid – die Black Lives Matter, die White Minority Capital, die Radical Economic Transformation word die geskepte waarhede waarmee geweld, misdaad, anargie, onteiening sonder vergoeding, rassisme en korrupsie gerasionaliseer kan word.

Sarel ·

Dit is altyd vir my vreemdchoe die prs altyd foto’s plaas van Polisie optrede en nie van die ” betogers” nie.Dit was al bewys dat 95% persent van die mensecis meelopers wat nie weet waaroor alles gaan nie.

Dirk Mostert ·

Die sogenaamde anti-rassisme betogings in Europa is alles behalwe dit. Op ‘n TV-onderskrif is na Cecil Rhodes as ‘n slawehandelaar verwys, daarom moet sy standbeeld in London verwyder word (asook die van Churchill). Slawerny is voor die Groot Trek al afgeskaf en voor Rhodes se tyd in Afrika. Diegene wat die standbeelde teen vandalisme wil beskerm is nou “ver-regses”. Boris Johnson het die “ver-regses” veroordeel, pleks van die beeld-afbrekers.

Nell ·

Die wêreld is nou so bang hy sit ‘n rasse-voetjie verkeerd dat alles wat blank of ver-regs is veroordeel moet word en uit die bose is.

Simon ·

Engeland moet nie nou oor die rassehaat kla nie. Daai kastig “verontregte” lot het mos gese hulle sal die wittes uitbroei as uitroei nie slaag nie. VSA loop dieselfde uitbroei pad.

Nell ·

En om nie te praat van hier plaaslik nie. Hou maar net die TV-sepies dop…

Andre ·

Seker makliker om hulle te arristeer as al die oortreeders so by een plek bymekaarkom.

Hekwag ·

Daardie bleek siele tussen die betogers sal nog leer dat hulle donker maatjies nie hulle pelle is nie. Een of ander tyd gaan hulle daai les leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.