Meer as 120 sterf in terreur-aanvalle in Parys, Frankryk kondig noodtoestand aan

Nooddienste op een van die tonele. Foto: (AP Photo/Thibault Camus)

Nooddienste op een van die tonele. Foto: (AP Photo/Thibault Camus)

WAARSKUWING: Die foto’s en video’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.

Meer as 120 mense is deur die loop van Vrydagaand in verskeie aanvalle in Parys in Frankryk dood. Francois Hollande, die Franse President, het ʼn noodtoestand afgekondig te midde van die aanvalle, wat as die ergste in Frankryk beskryf word sedert die Tweede Wêreldoorlog. Hy het ook die land se grense gesluit.

ʼn Reeks aanvalle regoor die stad het onder meer sokkerondersteuners by Frankryk se nasionale stadion, jongmense wat by ʼn konsert was en mense by verskeie kuierplekke en restaurante  geteiken.

Die ergste slagting was by die Bataclan-konsertsaal waar ʼn Amerikaanse rockgroep opgetree het. Talle mense is gyselaar gehou, waarna die selfmoordbomaanvallers ploftoestelle aan hul gordels laat ontplof het. Die polisie wat op die voorval reageer het, is met ʼn bloedblad binne die saal begroet.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar nie. Die dodetal sal na verwagting nog styg.

Ten minste sewe van die aanvallers is in selfmoordbomontploffings dood en een is doodgeskiet. Owerhede ondersoek die moontlikheid dat daar nog verdagtes op vrye voet is en hulle is op soek na moontlike medepligtiges.

Hollande het die aanvalle as terrorisme veroordeel en belowe dat Frankryk sterk sal staan teen sy vyande.

Lees die opvolgberigte: Islamitiese Staat aanvaar verantwoordelikheid ; Facebook stel ‘safety check’ in werking ná Parys-terreuraanvalle ; Parys-terreuraanvalle: Dodetal op 129, nog geen SA’ners as dood aangemeld nie

https://youtu.be/4j7AwyqQNCA

https://youtu.be/B8Kx8652EFo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Johannes ·

Dit is uiters tragies, die Franse moet geen genade betoon met hul vervolging van die beplanners nie! Maar het Siener van Rensburg nie hierdie onrus in Europa agv immigrante gesien nie?

GES ·

Ja dit is korrek. Hy het ook gesê dat die probleme in Europa so gaan eskaleer dat niemand (groot moonthede) meer in ons probleme gaan belangstel nie.

heni seemann ·

ai tog nou kom al die sieners ter sprake… hoekom het hulle die franse regering nie voor die terreurspel gewaarsku nie….

talitha ·

Dis baie hartseer wat gebeur het in Parys. Ons kan maar net vir hulle bid.
Ongelukkig is lande oopgestel vir alle nasies en so kom ekstrimiste ook in.
Ek glo dat Frankryk en Europa n ‘wake up call’ gekry het. Of dit betyds is, sal die tyd ons leer.

Jakoba ·

Wat n tragedies, ek het dit sien kom met al die sogenaamde vlugtelinge wat oor Europa se grense stroom. Die Franse laat mos alles wat kopdoek en tafeldoek dra toe. Lek die goed se voete af voer hulle en nou byt hulle die hand wat hulle voer.

Sunet Nel ·

En Suid Afrika? Al hierdie Pakistaners en Chinese wat alles oorneem. Wat is hulle anders? Pakistan is so naby daai lande kan netsowel hulle wees. Mens weet nie eers waar kom almal vandaan nie.

arie plaasboer ·

As al die amateur “sieners” die waarheid vooruit kon sien, dan MOES die professionele intelligensie afdelings dit tog beslis kon voorsien het.
Watter amateurs moes gewaarsku het en na wie sou geluister geword het?

arie plaasboer ·

Ek wil graag ook my beskeie pennie in die armbeurs gooi. Niemand gaan my tog glo nie.
Dit het my opgeval toe die hordes.hoofsaaklik muslems Wes-Europa binnegeval het dat daar baie, baie maklik ISIS mense tussen hulle kon wees . Dit blyk nou dit was toe so.
Met die aanvang van WW II het soortgelyke hoeveelhede mense oor landsgrense gestroom, welliswaar swaar gewapen en het in sommige gevalle landsburgers voor die voet doodheskiet met masjiengeweervuur. Uiteindelik is die invallers self bloedneus geslaan en moes hulle die knie buig.
Die huidige inval is baie beter beplan en is ongelooflik slu uitgevoer. Tallose mense, vrouens en kinders ingesluit het oor die Wes-Europese grense geborrel en NIEMAND is teruggedryf nie maar almal is met ope arme ontvang ssos die ISIS dit waarskynlik beplan het.
Kyk wat gaan nou gebeur na die “menslikheid” benadering” van moderne tye

Elbie ·

Ontsettend tragies, kan net bid vir hulle. Wat gebeur met die wereld? Dit maak mens bang.

heni seemann ·

ek glo nie die boere het dit verdien om so vermoor te word nie… Jesus het van sy vyande ook nie van parasiete gepraat nie… maar mens bly mens en is geneig om diegene wat hy verag in doen en late te ewenaar… of nog meer…

christine ·

Johannes siener het wel in hoofstuk 95 gesien,ook gese waar hulle voete land is groot moeilikheid daar val bomme

heni seemann ·

wie is HULLE? vae verwyse om ander te diskrediteer is nie juis christelik nie…

Grassie ·

Ek dink die liberales in Frankryk en Duitsland wat die sg “vlugtelinge” so gul verwelkom het word nou met die werklikheid gekonfronteer. Hulle sal nog die les leer – meng jou met die semels………………..

Maddox ·

Grassie, beste comment nog, en so waar. Frankryk is een van die lande wat sy eie grense wa-wyd oopgemaak het vir Moslem immegrante en ander ongure karakters. Wil mos vir almal vertel hoe goed liberalisme en sosialisme werk…. nou ontplof dit in hulle eie gesigte….
Die hele Europa gaan volgende wees….
Kry vir julle!!!!

heni seemann ·

en wat maak ons met die opdrag ons vyande lief te hê…

Thuunda ·

Ah hennie tog, verduidelik gou vir ons hoe jy jou vyand wat in die middel van die nag in jou huis staan gaan liefhe.

As jy daaroor bietjie nagedink het sal jy besef dat alles in die Woord in konteks gelees moet word.

heni seemann ·

thunda, dan verduidelik dit my wat “in die Woord in konteks gelees moet word”…

Thuunda ·

O, okay, Heni, ek dag jy het ‘n opregte vraag gevra, ek sien nou jy is maar net sarkasties.

Siende jy my vraag bloot vermy sal ek dan nou regtig nie my tyd met jou vragie mors nie.

arie plaasboer ·

Grassie,
Dankie, jy se baie korter en bondiger wat ek bedoel het.
Maddox,
ek kan net met jou saamstem.
Henie seeman,
Word die siening dat jy jou vyand moet liefhe nie te woordeliks opgeneem nie.
Ek sou dink dit slaan meer op die geval waar jou vyand in jou mag val. Dan moet jy hom GOEIE onderdak, mediese versorging, kleding, kos en water gee. (Nie soos wat in 1899-1902 en weer gedurende 1938-1945 weer.gebeur het.nie)

Wessel Smit ·

Tyd dat die volgelinge van Islam na hulle lande terug gestuur word om ‘n stadige dood te sterf. Ons verduur net te veel in die naam van godsdiens vryheid.

heni seemann ·

n oog vir n oog… wessel jy kan saam met terrug gaan as jy soos hulle klink…

Piet ·

Foeitog ! Geen verdomde haan kraai na alle boere in ons land afgemaai word nie , daar word egter uit hoogste pos gesimpatiseer met die wereld. Dis die ergste graad van dubbel standaarde ooit. As dit aanvaarbaar is dan sien ek maar GEEN toekoms meer. Europa in geheel sal nog sy Tier kry , soos ons dit hier beleef. Dis baie jammer dat intelligente wereld leiers sake so bestuur. Alles vir groot besigheids onthalwe. Alle simpatie met mense aldaar.

Stokies ·

Stem saam Piet, al waar ek verskil is dat daar geen “Intelligente” wereld leiers is nie, hulle is almal uit vir geld en mag, soos jy se. Die wat op mense staat maak, sal teleurgestel word.

heni seemann ·

ditto… leiers van groot formaat soos nelson mandela is dun gesaai…
.

elize naude ·

My gedagtes & meegevoel is by die slagoffers & hul naasbestaandes…
Ek is darenteen geskok oor etlike rassistiese kommentare hier op die forum… Juis sulke mense hits die terror aan & lewer geen bydrae tot oplossings nie…
“Wat jy saai sal jy maai…?” As dit so eenvoudig is… dan moet julle jul lot in SA ook in die gees aanvaar…

Genis ·

Hierdie mense wat hulle ophou met waarsêers: julle is niks beter as diegene wat voorvadergeeste konsulteer nie. “Enigiemand wat aan My ontrou is deur hulp te soek by geeste en waarsêers, teen hom sal ek optree: Ek sal hom van sy volksgenote afsny.” (Lev. 20:6)

susan ·

Genis daar us n verskil tussen waarseêrs en profete. Die Here het in die bybelse tyd ook profete gestuur-hulle gesigte laat sien en viseone laat sien om due nense te waarsku. Punt is elkeen moet sy lewe reg kry ons lewe in die eindtyd.

heni seemann ·

daavoor het mens geen sieners nodig nie… dit staan al in die bybel…

chrisp ·

Genis.
Gaan lees gerus weer Efesieers 4 veral vers 11 van die gawes.

heni seemann ·

heelwat kommentare weerspieël die persone se houding & tekortkominge…

chrisp ·

Heni

Wat bedoel jy?

Hierdie westerse lande gaan nog baie swaar kry.Hulle reenboogland het ook nou aangebreek.Al wat daar kort is ‘n Mandela figuur net met ‘n kopdoek aan die keer.

Jenny Thom ·

Sjoe, dink net hoe bevoorreg hulle is om hul land se grense te sluit. Iets wat vir ons pragtige Suid Afrika nie beskore is nie. So sad!!!! Almal, maak nie saak vyand of vriend, het vrye toegang tot ons land. Maak nie saak wat jou intensies is nie. Ons is almal so oneindig blootgestel!!

Henry ·

Vir die Afrikaner se grootste vyand is dit nie nodig om van buite te kom, of om grense oor te steek nie.
Hulle is reeds in die land.
Soos gedurende die ABO, is ‘n groot aantal reeds in eie geledere te vinde.

heni seemann ·

die meeste mense hoef nie vêr na hulle vyande te soek nie… jy moet jou naaste liefhê soos jouself… naaste aan ons is ons familie… hoeveel families lewe in vrede met mekaar…?

chrisp ·

Nee heni nie joune nie.
Daarom die vraag of verstaan jy nie die vraag nie?

Marous ·

Europa was gewaarsku oor die Trojaanse perde wat hulle toegelaat het…Merkel sal dit ontken , maar waarom is die Franse weermag besig om die grens aan Duitsland se kant na die voorval te beveilig??? Hierdie is net die begin….sterkte aan die leiers wat nou wraak sweer …. kan net sowel water met ‘n sif probeer skep!

EMK ·

Ek wil graag weet: waar is die klomp mense van SA, (na aanleiding van een of ander ou wat ‘n pleitbrief geskryf het dat witmense gehelp moet word om Europa toe te trek) wat toe vreeeeeslik graag Europa toe wou trek?? Toe ons lojales kommentaar lewer en sê ons bly net hier, is ons ingesê. So, wil julle nog so graag gaan? Dink julle nog dis beter as hier? Kom vertel ons!

Jaco ·

EMK, sou ek die geleentheid kry om na enige land in Europa toe te trek sal my tas in 10min gepak wees. Diep binne het jy selfs al dit gedink, wees eerlik.

EMK ·

JAco, nooit. Nooit ooit. Ek was gelukkig genoeg om al oral in die wêreld te kon reis en nie net in hotelle te bly nie, ek het werklik die mense leer ken en dan gesels mens en hoor dit gaan maar sleg oral. Ek wil veral nooit in Europa bly nie dankie. Dis nou ‘n Islamietiese staat en gaan net meer so word. Oral is moord en doodslag, inbrake, verkragting, noem dit dis oral; ons kyk net te veel vas in ons eie probleme en probeer nie planmaak daarmee nie, nee ons wil vlug na die “veilige” Europa.

Gawie ·

Geen land is meer veilig nie. In SA word individuele vermoor, oorsee is dit tientalle op n keer. Dit gaan nog erger word met al die regerings se sg. ooparms beleid.

Jaco ·

Stuur al die “vlugtelinge” Poland toe. Auschwitz staan jare daar sonder doel, as hulle dit nie nou doen nie stuur die “vlugtelinge” die Europeers in 2 jaar nog na konsentrasie kampe toe.

heni seemann ·

@ emk jy het nog nooit in europa gewoon nie, vandaar jou eensydige siening…
@ gawie die wêreld was nog nooit n veilige vesting nie, maar dat hier 10x meer moorde plaasvind getuig van jou gebrek aan feite…
@ jaco jou mensveragtende uitlating getuig dat jy ‘n nazi is en ‘n uiters lae selfbeeld ly…

Gideon ·

Dat terreur nou Europa tref!! Toe ons pragtige land en sy onskuldige mense deurgeloop het, het ek nooit die idee gekry dat ons jammer gekry is nie! Die spul Franse was op voortou om almal toe te laat, en dit is wat hulle nou daarvan het!!!Sosialisme, kommunisme, vryheid en dit het julle nou!! Geen vryheid!

Genis ·

Susan, Siener van Rensburg se naam kom nie in die bybel voor nie, dus kan jy hom nie aan bybelse profete gelykstel nie. Dis propaganda om julle te mislei en na julle dood te lei. Sit julle vertroue op die Hemelse Vader en Sy Woord en los die waarsêery en toekomsvoorspellings geheel en al uit. Hy gaan teen julle optree en julle afsny van julle volksgenote as julle dit nie doen nie!

chrisp ·

Genis.
Gaan lees gerus weer Efesieers 4 veral vers 11 van die gawes.

GES ·

Genis – Lees asb Efes 4:11 Vers 12 en 13 verduidelik ook die nut van die gawes. Dit is juis die werk van die Heilige Gees.

Remondi ·

So word die hand gebyt wat hulle voer , Islam is besig met n wereld wye oorname sien die groter prentjie wereld

Andria ·

Nou maak hulle grense toe? “TOO LITTLE TOO LATE……”

Thuunda ·

El voel jammer vir die mense wat deur daardie terreur moes leef…dit moes vreesaanjaend gewees het.

Maar, die Franse het dit op hulleself gebring, wil mos multikultureel wees (net nie Christelik asseblief).

Nou byt hulle reenboognasie hulle in die agterwereld. Wonder of hulle enigsens hartseer is oor ons lot hier?

Ek kry die idee hulle sal baie eerder saam met die kriminele hier simpatiseer met hulle oneindige politiese korrektheid (maw Swart en Moslem is goed, wit is sleg).

Hollande praat van wraak teen ISIS in Sirie, maar ISIS sit binne in sy agtertuin, word wakker julle liberale!

nig ·

Ai kyk nou hoe val mense mekaaar weer aan hier. Bly tog by die berig mense – met so verdeeldheid onder ons moet ons pas op, Islam wil ALLE “infidels” uitroei; dit geld vir ons ook so laat ons liefs saamstaan anders kan ons maar weet wat wag op ons.

heni seemann ·

elke mens het die reg op ‘n eie mening & vryheid van geloof… om van mekaar te verskil kan ‘n verryking wees… as mens dit met die nodige respek doen… waaraan baie mense tekort skiet…

Genis ·

GES, uit onkunde lei jy mense op ‘n dwaalspoor. Die profesie waarvan daar gepraat word is die getuienis van Jesus (Die getuienis van Jesus is die gees van profesie – Open. 19:10) Kyk nou weer na die verskil tussen ware profesie en die waarsêery van Siener, wat geld en polities gedrewe is. Die getuienis van Jesus en Jesus self speel geen rol daarin nie! Julle gaan afgesny word van julle volksgenote en daar is reeds ‘n regse organisasie wat besig is om presies dít te bewerkstellig! Word asseblief wakker. Dit is my plig as gelowige om julle te waarsku. Nou mag ek maar die stof van my voete skud en aanbeweeg.

GES ·

Genis – Gaan lees die lewensgeskiedenis van Siener v Rensburg. Hy was ‘n personlike vriend van Gen. Delarey gedurende ABO en was saam op kommando. SvR was ‘n oudering in die Nederduits Hervormde Kerk en het baie na aan die Here geleef. Dit is in elk geval waar hy sy openbaring vandaan gekry het. Hy het in sy leeftyd geen beloning ontvang nie en het dit suiwer as ‘n diens aan sy geliefde volk gelewer. As daar groeperings is wat dit misbruik dan distansieer ek my van hulle. Maar om jou benadering te volg, die baba en die badwater weg te gooi, is nie aan nie.
SvR het in sy leeftyd gesê die doel van sy profesie is om ons mense te bemoedig. Ek behoort self aan ‘n kerk waar die gawes van die Heilige Gees funksioneer en dit is baie konstruktief tov geloof en samehorigheid. Jesus self het gesê, hoe sal die wêreld weet dat ons sy kinders is, deur na ons liefde vir mekaar te kyk. Ontspan dit nie nodig om beswaard te wees. GOD regeer.

Henry ·

Wat maak dit saak of oorle’ oompie Van Rensburg ‘n vriend van wie ookal was?
My antie se ma – oorle’ ant’ Sannie van Rensburg – was ook reg toe sy gesê het dat hier groot droogtes aan die broei is en dat die mielieprys teen 2016 die hoogte in gaan skiet.
Die naaste wat Oorle’ ant Sannie van Rensburg aan ‘n Generaal gekom het, was haar buurman wat as ‘n Korporaal in die Salvation Army afgetree het.

Pieter ·

Hoeveel keer sê Siener dat Jesus die Koning is?
Hoeveel van sy gesigte verheerlik God?
Wat het sy gesigte ons al gebaat?
Moet ons nie bemoedig word deur God nie?

Jaco ·

heni, as mens kyk na die komentaar lyk dit eerder asof jy die een is met lae selfbeeld. Elke kommentaar wat jy geplaas het, het jy iemand persoonlik aangevat. Is dit dalk omdat jy nie die guts het om met enige iemand te praat in die regte lewe nie, weg van jou rekkenaar skerm? Nie te min, ek dink nie enige iemand vat jou kop toe nie. Ek dink die konklusie is dat jy n groot neus en voete het, en jou dae spandeer onder n brug waar jy verbygangers pester.

heni seemann ·

ek formuleer my bydrae met die nodige eerlikheid sonder om beledigend te raak… nkosi sikelele

Louis ·

Heni, jou tipe, moenie my pad kruis nie, maar ek sal vir jou wag by die laaste loopgraaf.

heni seemann ·

“antwoord n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie,
antwoor n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie…
wie n kuil (loopgraaf) vir ander grawe, sal daarin val…”

Johannes Meintjes ·

Ons is almal lankal reeds gewaarsku oor die werkwyses van die instigeerders van Nuwe Ordes wie oral chaos skep en dan, asof hulle God is, wil opstaan en ‘n nuwe (vals) vrede van onderdanigheid bewerkstellig? Wat doen elkeen van ons, as landsburgers en as regerings of talle kerke, met ons profesie, kennis en insigte?

GES ·

Johannes – Baie relavante vraag. Profesie, kennis en insigte het my meer as ooit vasberade gemaak om te bly tot die laaste loopgraaf (as dit Sy wil is). As dit nie so was nie het ek net na ’94 verhuis. Ek wil onder geen omstandighede sê dat dit die verkeerde besluit is om te verhuis . Elkeen is verantwoordelik vir sy/haar eie familie se veiligheid en moet die beste besluit neem. Ek glo onwrikbaar dat die Here ons volkie weer bymekaar sal bring en ‘n eie grondgebied sal gee. Is ek onrealisties?

heni seemann ·

n mens wat ander beledig doen dit bloot uit sy eie lae selfbeeld…
n mens wat ander dreig doen dit bloot omdat hy nie kan kommunikeer nie…
ek is n selfbewuste mens met n positiewe instelling… en wens julle daarom alles van die beste in jul mooi land… nkosie sikelele

Elisheba ·

Aan Heni Seemann en my naamgenoot Elizabeth, bravo! Kennis soos die res, maar sonder wysheid en inspraak van die Heilige gees, is gelyk aan gras in die wind. Baie dankie, jul laat my met hoop, vrede en ‘n glimlag. Daar is duidelik soveel individue wat as volwassenes nie die verskil ken tussen kennis, en kennis met wysheid nie. Ook nie tussen mening, teregwysing of oordeel nie. Verstommend bevestigend van Hosea 4:6. Hewige debate hier!

Heni laat my dink aan ‘n meesterlike advokaat wie van die kantlyn telkens ‘n klip in die bos gooi terwyl die prokureurs en aanklaers rondskarrel. Heelwat hase en slange en wat nog als kom skielik te voorskyn uit die gras en wys hul ware kleur as daar net effens geroer word. Jul tree tipies op teen Heni soos wat die Fariseërs met die apostels en Jesus gedoen het.

Elizabeth verwys na Daniel 5. Laat ons liewer nederig en biddend bly met medelye vir die geliefdes van die slagoffers, Elkeen kan kommentaar lewer met ‘n reg tot mening, maar so aanvallend en selfgeregverdig? Sjoe!

JD Coetzee ·

Nou wil ek graag weet, almal verander nou hulle facebook prentjies na die franse vlag, dis nou alles goed en wel. Ja, en dis skrikwekkend wat gebeur het en ek glo die hele wereld is in skok. Maar nou kom die vraag, wanneer laas het julle ‘n berig op die nuus (SABC) gesien oor ‘n plaas aanval of moord. Ons boere word elke dag afgemaai soos honde. Maar niemand sien dit nie, die wereld is blind teenoor wat in Suid Afrika gebeur. Hierdie jaar alleenlik is 224 plase aangeval, met oor die 50 boere wat vermoor is. So dit gaan nie lank wees nie dan is ons ook ‘n Zimbabwe!!! So as die bolla nou die fan tref en ons as wit suid Afrikaners moet vlug NADAT ons nie meer kan baklei nie (want dit is wat ons gaan doen). Watter land gaan vir ons kom se, ja ons sal julle inneem en vir julle skeiling gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.