Meer as 2 000 dood of vermis na modderstorting

Foto: Homayoon Rahmani/Facebook

Foto: Homayoon Rahmani/Facebook

Meer as 2 000 mense is na bewering dood na ʼn modderstorting in ʼn afgeleë dorpie in die noordeooste van Afghanistan.

Volgens ʼn regeringswoordvoerder staan die dodetal op meer as 2 000 mense. Die Verenigde Nasies het die dodetal op 350 geplaas met duisende mense wat vermis word en moontlik omgekom het. Inwoners van Aab Bareek het self mense onder die modder begin uitgrawe nadat honderde huise in Vrydag se modderstorting vernietig is.

“Daar is ʼn baie dik laag modder. Dit is baie moeilik vir mense om die lyke uit te haal,” het Abdullah Homayun Dehqan, ʼn woordvoerder, gesê. “Ons het kos onder die mense begin versprei maar ons het nie genoeg tente vir die 700 families wat die aand buite spandeer het nie. Daar is omtrent 2 000 mense sonder huise.” Dehqan sê die dodetal is steeds onseker.

Intussen is daar steeds ‘n gevaar van nog modderstortings na swaar reën in die omgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cornelius Van zyl ·

Verskriklik! Sal die Land en sy mense opdra in gebed!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.