Meer as 500 sterf in hittegolf

Argieffoto van kinders wat in Indië swem (Foto: sarangib, Pixabay)

Argieffoto van kinders wat in Indië swem (Foto: sarangib, Pixabay)

Meer as 500 mense is dood in ʼn hittegolf in Indië en dit wil nie voorkom of die land binnekort verligting gaan ervaar nie.

Andhra Pradesh en Telangana in die suide is die ergste getref met temperatuur bo 48 grade in sommige dele.

Hittegolftoestande duur sedert April voort, maar meeste van die sterftes is oor die afgelope 10 dae aangemeld. “Altesaam 186 persone is sedert 15 April in Telangana oorlede, met meer as 50 sterftes sedert Sondag,” het Bhambal Ram Meena, rampbestuurkommissaris, gesê.

Altesaam 246 mense het sedert 18 Mei in Andhra Pradesh gesterf, waarvan 57 sterftes in Prakasam aangemeld is, het ʼn beampte van die departement van rampbestuur, gesê.

Altesaam 35 verwante sterftes is in Delhi aangemeld en 24 sterftes in die ooste, het die staatsbeheerde Doordarshan-uitsaaier berig.

Nooddienswerkers het gesê die ware dodetal is waarskynlik hoër, aangesien daar oor talle sterftes in die afgeleë gebiede nie berig word nie.

Talle laeinkomste-werkers soos die arbeiders en riksja-bestuurders, ondanks die weersomstandighede, nie kan bekostig om nie te werk nie.

Indië se metereologiese departement het ʼn rooi waarskuwing uitgereik vir verskeie state en gesê die hittetoestande kan oor ʼn paar dae voortduur.

Staatsamptenare in die suidelike state sukkel om drinkwater te verskaf en het mense aangeraai om nie hul huise of werksplekke tussen 11:00 en 16:00 te verlaat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.