Meer as 60 sterf in drie IS-verwante aanvalle in een dag

Beseerdes word behandel na die aanval in Sousse. Foto: AP Photo/Hassene Dridi

Beseerdes word behandel na die aanval in Sousse. Foto: AP Photo/Hassene Dridi

Terroriste wat vermoedelik deur die Islamitiese Staat (IS) tot geweld aangehits is, het Vrydag drie skokaanvalle gepleeg in verskillende dele van die wêreld waarin hordes onskuldige mense dood en beseer is.

Die bloedigste aanval was by ʼn Tunisiese strandoord in Sousse waarin 38 mense, meestal Europeërs, dood is. Twee aanvallers het een van die hotelle binnegegaan en op vakansiegangers losgebrand. Sousse is sowat 150 km van die hoofstad, Tunis, en ʼn gewilde vakansiebestemming vir Europeërs sowel as Tunisiërs. In Maart vanjaar is 22 mense in ʼn aanval by ʼn museum doodgeskiet. Die IS het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval.

In Koeweit is 25 mense Vrydag dood en 202 mense beseer in ʼn selfmoordbomaanval op ʼn moskee. Die IS het ook verantwoordelikheid vir dié aanval aanvaar. Dit was die eerste selfmoordbomaanval by ʼn Sjiïtiese moskee in Koeweit.

In Frankryk het ʼn man met sy motor teen ’n gashouer by ʼn gasaanleg vasgery en dit het ʼn ontploffing veroorsaak. Die kop van ʼn onthoofde lyk is by die ingang van die maatskappy gevind. Dit is nie duidelik of die onthoofde lyk in die motor was en of die persoon op die perseel vermoor is nie. In Januarie vanjaar is 12 mense by die Franse satiriese koerant Charlie Hebdo se hoofkantoor doodgeskiet.

Volgens ontleders is die heilige maand Ramadaan vol “godsdienstige atmosfeer” en dit kan daartoe lei dat “paranoïese godsdienstige ekstremiste” aksies uitvoer. Godsdienstige ekstremiste kies gewoonlik ʼn spesifieke datum om geloofwaardigheid en geldigheid tot hul aanvalle by te voeg. Die eerste Vrydag van vanjaar se vasmaand was 26 Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Greg ·

IS/ISIS is maar net nog ” false flag” terrosisme deur die Khazar Bankiers teen God se mense. Maak nie saak wat hulle dit probeer noem of wat die volgende naam/ name daarvoor gaan wees nie. Hulle ( die Sataniste) regeer die wereld vanaf die SG. Israel. Want hulle maak asof hulle God se uitverkorenes is en nie die verlore stammer van Israel( ons) nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.