Meer as 67 000 nou wêreldwyd met koronavirus besmet

Vrou op ‘n moltrein in Beijing (14 Februarie 2020) (Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein)

Meer as 67 000 persone is nou wêreldwyd besmet deur ʼn virale uitbreking wat in China begin het. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verwys daarna as COVID-19, met verwysing na sy oorsprong aan die einde van 2019 en die koronavirus wat dit veroorsaak.

Tussen Vrydag en Saterdag se statistiek van die WGO was daar ʼn styging van 2 641 gevalle wat in China aangemeld is met ʼn styging van 143 in die dodetal.

Nog twee gevalle is in Maleisië aangemeld, nog ʼn geval in Kanada en daar is bevestig dat ʼn persoon in Egipte met die virus besmet is.

Die jongste getalle wat deur elke regering se gesondheidsowerheid aangemeld is, is Saterdag soos volg:
– China: 66 492 gevalle (meeste in Hubei-provinsie); 1 523 sterftes
– Hongkong: 56 gevalle, 1 sterfte
– Macao: 10 gevalle
– Japan: 262 gevalle (insluitend 218 van ʼn passasierskip in Yokohama), 1 sterfte
– Singapoer: 67 gevalle
– Thailand: 33 gevalle
– Suid-Korea: 28 gevalle
– Maleisië: 21 gevalle
– Taiwan: 18 gevalle
– Viëtnam: 16 gevalle
– Duitsland: 16 gevalle
– VSA: 15 gevalle (een Amerikaner is in China oorlede)
– Australië: 14 gevalle
– Frankryk: 11 gevalle
– Verenigde Koninkryk: 9 gevalle
– Verenigde Arabiese Emirate: 8 gevalle
– Kanada: 8 gevalle
– Filippyne: 3 gevalle, 1 sterfte
– Indië: 3 gevalle
– Italië: 3 gevalle
– Rusland: 2 gevalle
– Spanje: 2 gevalle
– België: 1 geval
– Nepal: 1 geval
– Sri Lanka: 1 geval
– Swede: 1 geval
– Kambodja: 1 geval
– Finland: 1 geval
– Egipte: 1 geval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.