Meer as 70 dood na ontploffing

Foto: @AllexandreMZ/Twitter

Foto: @AllexandreMZ/Twitter

Minstens 73 mense is dood en meer as 110 beseer nadat ʼn petroltenkwa Donderdagmiddag in die noorde van Mosambiek ontplof het.

Mosambiekse media berig tientalle verkoolde liggame het na die ontploffing op die toneel gelê in Caphiridzange in die Tete-provinsie. Volgens Radio Mozambique het talle van die brandslagoffers na die ontploffing na ʼn nabygeleë rivier gehardloop en kan nog liggame dus in die veld gevind word.

Die bestuurder van die vragmotor het glo brandstof aan inwoners verkoop, toe die tenkwa aan die brand geslaan en ontplof het. Volgens ander berigte het inwoners brandstof probeer steel. Die vragmotor was van Malawi na Beira onderweg.

Nooddienste het die beseerdes met ambulanse en ander voertuie na hospitale gehaas. Soekspanne het na nog slagoffers gesoek, maar die soektog is bemoeilik na sononder.

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie. ʼn Nasionale regeringtaakspan sal Vrydag die toneel besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Callie van der Merwe ·

Die kontinentale sport van Afrika! Korrupsie, moord en diefstal! Wat maak ek hier…..

Sarie ·

TRAGIES!!! Hulle wou ‘n paar rand (of wàt ookal hul geldeenheid is) spaar, & toe verloor hulle hul lewens….. In Malawie gaan dit moeilik; àlles is daar skaars & peperduur!!!

Willie E ·

In Malawie ja,maar blykbaar nie in Mosambiek nie,daar vat hulle sommer lyk dit my…

t ·

Dis ‘n redelike algemene gebruik in Afrika om petrol by die tenkwa te koop. Dis soos smouse in die ou dae. Die tenker kom een of twee maal ‘n week verby en dan is dit ‘n hele geleentheid. Kanne en karre word volgemaak. Die beheer van grondkabels en statiese beskerming is nie wat dit behoort te wees nie en ‘n ongeluk soos hierdie was uiteindelik onvermydelik. Sterkte aan die families.

SkarrelKind ·

Sus, so is ons gou om te oordeel oor hoe dit gebeur het. Dit is hartseer, ongeag of Afrika korrup is of nie. Iemand se kind/ma/oupa/vriend is oorlede. Uit die huis gegaan om vir die tenker te wag en het nooit teruggekom nie. Stel julle voor dit was een van julle geliefdes …. dan het julle nie sulke kommentaar geduld nie en sou julle empatie verwag het. Dink voor julle kommentaar lewer.

UG ·

Volgens die Universiteit van Google: Petrol in vloebare vorm is nie vlambaar nie, petrol dampe (gas vorm) wel, maar benodig temperature van tussen 246° – 280° om te ontbrand (ignite)…dink nogsteeds dit is deur n’ mens veroorsaak hetsy rook of n’ vuurhoudjie. daar is genoeg petrol dampe rondom n’ “oop” petroltenkwa

Waarheid ·

Hoe ookal jammer vir mense lewensverlies. As uit gebeure geleer kan word. Metodes van petrol handeldryf GESTAAK kan word dan kan soiets VOORKOM dat dit WEER gebeur. Afrika of suidafrika sal moet bykom en gou ook. Net die gedagte aan DIEFSTAL moet GESTOP word.

dries ·

Kry mense nie opleiding wat met hierdie gevaarlike goed werk nie ?

Kolliehond ·

Baie jammer en ek hoop die mense stem vir n party wat beter na hulle veiligheid sal omsien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.