Meer as een massaskietery per dag vanjaar in VSA

Argieffoto.

Argieffoto.

Die voorval vandeesweek in San Bernadino waartydens twee mense 14 mense by ’n partytjie afgemaai het, was die 355ste massaskietery vanjaar in die VSA waartydens vier of meer mense geskiet is.

Die Christian Science Monitor berig dit was die dodelikste massaskietery sedert die aanval op ’n skool in Newton.

Intussen het pres. Barack Obama gesê dit is nie uitgesluit dat die voorval met terreur verband hou nie, maar dit kon nog nie positief vasgestel en bevestig word nie.

Die 28-jarige Syed Farook, en sy vrou Tashfeen Malik, is self ná die skietery waartydens sowat 18 mense ook gewond is, doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rietrot ·

Dagga is gewettig ingedeeltes van VSA wat n rol kan speel in so iets..saam met ander goed wat hul koppe laat uit hak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.