Meermin-standbeeld in Denemarke weer geskend

Polisiebeamptes by Die Klein Meermin-standbeeld (Foto: Mads Claus Rasmussen/ Ritzau Scanpix via AP)

Die bekende standbeeld van Hans Christian Andersen se “Die Klein Meermin”, een van Kopenhagen in Denemarke se grootste toeristeaantreklikhede, is geskend met die woorde “racist fish”.

Die woorde is op die klip geskryf waarop die 1,65 meter lange bronsbeeld by die ingang na die hawe in Kopenhagen sit. Niemand het nog aanspreeklikheid aanvaar vir die daad nie.

Die standbeeld is opgerig as huldeblyk tot die Deense storieverteller. Dit loop egter gereeld onder vandale deur wat haar al van haar klip afgestoot, haar kop afgekap en haar geverf het.

Die beeld is gebaseer op ʼn mitiese seekoning se meermindogter wat, volgens die Hans Christian Andersen-verhaal, verlief raak op ʼn prins en dan graag ʼn mens wil word.

ʼn Standbeeld van ʼn Deense sendeling in Kopenhagen, wat ʼn sleutelfiguur was in die kolonialisering van Groenland, is verlede maand met rooi verf en die woord “Decolonize” geskend. Dit is nog nie duidelik of die twee voorvalle met mekaar verband hou nie. Standbeelde en monumente reg oor die wêreld word tans heroorweeg in die lig van betogings ná die afsterwe van George Floyd in Minneapolis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.