Meeste Covid-regulasies in Engeland binnekort opgehef

Boris Johnson (Foto: Boris Johnson/Twitter)

Die Britse eerste minister Boris Johnson het Woensdag gesê meeste beperkings, wat ingestel is in die stryd teen die jongste golf van die Covid-19-pandemie, sal van volgende week af opgehef word.

Mense sal nie meer maskers in geslote ruimtes hoef te dra nie, van die huis af hoef te werk of bewys van inenting hoef in te dien in openbare ruimtes soos nagklubs nie, het Johnson aan die parlement gesê.

“Weens die buitengewone versterker-veldtog kan ons na Plan A terugkeer in Engeland. Ons kan Plan B-regulasies laat verval,” het Johnson bygevoeg.

Engeland het verlede maand na “Plan B” oorgeskakel om ʼn golf gevalle van die Omikron-variant te kan hanteer. Hy moes egter met sy eie party baklei om die veranderinge in te stel. Konserwatiewe kollegas het gesê die beperkings is “ʼn stappie te ver” en “beperk openbare vryheid”.

Die verslapping van beperkings is oënskynlik ʼn toegewing ná onthullings dat hy en sy personeel Covid-regulasies oortree het toe hulle partytjies by Downingstraat gehou het.

“Daar is plekke waar die gevalle waarskynlik steeds gaan bly styg, insluitend laerskole, maar ons wetenskaplikes is van mening dat die Omikron-golf waarskynlik nou landswyd ʼn hoogtepunt bereik het.”

Skoliere in sekondêre skole sal van Donderdag af nie meer gesigmaskers hoef te dra nie, aldus Johnson. Hy versoek ook ʼn hersiening van self-isolasiereëls.

Ná die Omikron-variant in Brittanje aangemeld is, het die daaglikse gevalle tot 200 000 gestyg vroeg in Januarie, maar dit het nou tot minder as die helfte daarvan gedaal.

“Soos wat Covid endemies word, sal ons regsvereistes moet vervang met raad en riglyne, en mense met die virus maan om versigtig te wees en ander in ag te neem,” het Johnson gesê. Daar is egter steeds beduidende druk op die nasionale gesondheidsdiens. Hy maan burgers om ʼn versterkerdosis van die entstof te kry. “Ons weet dat ongeveer 90% van die mense in die hoësorgeenheid nie versterkerdosisse ontvang het nie,” het hy bygevoeg en volgehou “die pandemie is nog nie verby nie”. “Omikron is nie ʼn ligte siekte vir almal nie – veral as jy nie ingeënt is nie.”

Strenger reëls duur voort in Noord-Ierland, maar owerhede in Skotland en Wallis het gesê dat hulle van die regulasies sal verlig. Regulasies oor sportbyeenkomste is opgehef – net voor die sesnasiesrugbytoernooi wat volgende maand begin. Die Skotse eerste minister Nicola Sturgeon het Dinsdag aangekondig dat sy beperkings sal ophef sodat nagklubs weer hul deure kan oopmaak. Regulasies dat ʼn maksimum van drie huisgesinne toegelaat word by binnenshuise byeenkomste sal ook opgehef word, het Sturgeon bygevoeg.

Die regering in Wallis het gesê ʼn afname in Covid-19-gevalle in hoësorgeenhede beteken dat die land ook sy waarskuwingsvlak van twee na zero sal afskaal oor die volgende paar weke.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Adriaan ·

Miljoene mense se lewens is verwoes, nie deur die virus nie maar deur regerings se maatreels soos inperking en n verbod om n inkomste te verdien of skool en universiteit by te woon.

Anel ·

Daai lot is in die middel van hulle winter. Ons wat in die middel van die somer is, moet nog met maskers loop. Wst ‘n klug. Hoop die een met die kopdoek verloor haar stryd in die hof met kostes!!! Ons moes al lank na normaal tetuggekeer het!!!

Johanncb ·

Na die skandes wat hy aangevang het, móét hy iets doen om die Britte se guns te wen!

Dirk Mostert ·

Dat hy en die opposisieleier party gehou het terwyl die volk ingegrendel was, bewys hulle het geweet die pandemie was oordryf.

Nie Verbaas ·

Neem ag van wat hy sê. “Ons weet dat ongeveer 90% van die mense in die hoësorgeenheid nie versterkerdosisse ontvang het nie,” So wat bewys dit van die sogenaamde entstof? Mense het dit geneem en eindig in hoësorg?

VaalDonkie ·

Ek verstaan ook nie want gister toe sweer hulle hoog en laag die inspuiting laat jou immuunstelsel geheue-T-selle ontwikkel wat veronderstel is om vir ewig (of ten minste vir jare) rond te hang.

Andre ·

Die klug is vinnig besig om inmekaar te tuimel, masker en al.

Andre ·

Ek wonder wie kweek die volgende gogga, en wie befonds dit.

Dirk Mostert ·

Die WGO word beheer deur ‘n farmaseutiese kartel, wat reeds $34 biljoen met die pandemie gemaak het. Die wereld se 10 rykstes se rykdom het verdubbel sedert die pandemie begin het (volgens Oxfam op BBC).

Dirk Mostert ·

Ons hoop dit lui die val van die pandemie-muur in. Iemand moet vir President Micron herinner aan die Franse geskiedenis. Daar was ene Lodewyk X1V (of so iets), Marie Antoinette en Madame Guillotine.

Miskruier ·

Sy kaperjolle was een van die hulpmiddels na kudde immuniteit en terselfde tyd n “eye opener” vir die Britte. Moet op prinse nie vertrou nie….ook nie op parlementarieërs.

Yolandie ·

Ek hoop ander wereld lande neem kennis van die aankondiging en volg Brittanje se voorbeeld. Dit is tyd vir ons almal om aan te gaan met ons lewens. Dit blyk dat slegs 17 000 mense in Brittanje van Covid gesterf het tydens die pandemie. In Suid-Afrika met ‘n bevolking van 45 miljoen om ‘n sterfte syfer van onder 100 000 te hê is baie min. Waarom nog die verskriklike boehaai. Die herstelkoers van die virus is omtrent 98% en volgens my moes Covid geensins as ‘n pandemie verklaar geword het nie. Baie sal dalk nie met my saamstem nie……..maar dit is my opinie…….en ons almal het een.

Ilze ·

Die President sê dis tyd om “state of disaster” wet te skrap. Maar gaan Zuma dit toelaat

Frank John ·

Die media het die hele covid ding so groot gemaak en die hele wêreld in paniek laat rond skarrel soos skape sonder ‘n herder. Die ding is soooo opgeblaas en uit verband geruk.

Marius ·

Dit is hoog tyd dat al die sanitasie, maskers en nood toestand afgelas word. Ons land se staats instellings en skole is verwoes en bankrot en funksioneer nie meer nie optimaal nie. Dit het geen doel behalwe om mense te beheer soos skape, en die ergste is dat die mense nou optree soos skape. Dis tyd om wakker te skrik.

Jaco ·

Wat word bedoel met Engeland? Net Engeland en dus nie Wallis, Skotland en Noord-Ierland nie, of die verkeerde verwysing na Engeland, waar die hele Verenigde Koninkryk bedoel word?

Sune van Heerden ·

Dagsê Jaco
Dankie vir jou navraag.
Die berig verwys slegs na Engeland. Ons het ‘n paragraaf bygevoeg met inligting oor Skotland, Wallis en Noord-Ierland.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

piet ·

Net Engeland. Die ander lande het nou hul eie regerings nadat meeste van die magte afgewentel is van die Engelse parlement. Maar laasgenoemde proses is nog nie heeltemal afgehandel nie lyk dit my. Meestal reel die betrokke lande nou hul eie sake maar dinge soos immigrasiereels van toepassing op die VK word nog deur die Engelse parlement gereel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.