Meeste Europese vuurwapensterftes in dié land aangemeld

‘n Satellietfoto van Europa (ortografiese projeksie) (Foto: Publieke domein/Wikimedia Commons)

Swede het in minder as ʼn dekade Italië en Oos-Europese lande verbygesteek met die hoogste getal dodelike skietgevalle in Europa – hoofsaaklik weens kriminele bendes, aldus ʼn verslag wat Woensdag vrygestel is.

Alhoewel skietmoorde sedert die vroeë 2000’s in Europese lande afgeneem het, het Swede die teenoorgestelde neiging beleef en is nou bo-aan die lys wat saamgestel is deur die Sweedse Nasionale Raad vir Misdaadvoorkoming.

“Die koers in Swede is baie hoog in vergelyking met ander Europese lande – op ongeveer 4 sterftes per miljoen inwoners per jaar. Die gemiddeld vir Europa is sowat 1,6 sterftes per miljoen inwoners,” lui die verslag.

“Geen van die ander lande wat by die studie ingesluit is, het toenames beleef soortgelyk aan dié van Swede nie.”

Die data vir die periode 2014 – 2017 plaas Swede in die tweede plek in die Europese Unie naas Kroasië en voor Latvia.

“Die toename in skietmoorde in Swede hou nou verband met die kriminele milieu in maatskaplike benadeelde gebiede,” lui die verslag en dui aan die grootste toename het sedert 2013 plaasgevind.

Die Sweedse regering en die polisie het die afgelope paar jaar alarm gemaak oor die toename in skietvoorvalle en ander gewelddadige bedrywighede wat toegeskryf word aan bendes. Swede, ʼn land met 10,3 miljoen inwoners, het in 2020 meer as 360 voorvalle aangemeld wat met vuurwapens verband hou, insluitend 47 sterftes en 117 mense wat beserings opgedoen het.

Volgens die verslag het die getal skietslagoffers meer as verdubbel van 2011 tot 2019 en verteenwoordig tans meer as 40% van gewelddadige sterftes.

Die land het ook ʼn oorverteenwoordiging van 20 – 29-jariges onder skietslagoffers.

Volgens die verslag is daar nie “ʼn maklike verduideliking” vir die neiging nie, maar dat dit “moontlik die gevolg is van ʼn nuwe groepsdinamika binne die kriminele milieu” waar skietvoorvalle gewoonlik op mekaar volg. “Dit is egter nie duidelik waarom dié dinamika slegs in Swede gesien kan word nie.”

Die skerp toename in skietgeweld is die onderwerp van vurige debatte in Swede en die sosiaal-demokratiese regering het die afgelope paar jaar al hoe meer toegeslaan op bendebedrywighede.

“Swede moet nie hieraan gewoond raak nie. Dit is onmoontlik om die neiging om te keer,” het Mikael Damberg, minister van binnelandse sake, gesê.

Die opposisie Gematigde Party het intussen gesê die uitslag is “skandelik” vir Swede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wakkerslaper

“maatskaplike benadeelde gebiede”….. Nê? Klink vir my nogal na ‘n immigrante probleem, of hoe?

Spyker

Sal graag wil weet hoeveel immigrante is daarby betrokke?

Rian

Aldus die artikel “Migrants and crime in Sweden in the 21st century” is 73% van alle ernstige misdaad soos moord en aanranding deur immigrante gepleeg.

Stephan

Stuur hierdie statistiek vir Cele, sodat hy kan sien dat bendes (en níe wettige besit van wapens (vir selfverdediging)) die probleem is nie.
Cele faal sy verantwoordelikheid gruwelik.

Deon

Die berig klink na voorbrand vir ons nuwe voorgestelde wapen wet.