Meghan Markle is swanger

Prins Harry en Meghan Markle (Foto: Alexi Lubomirski)

Prins Harry (33) en Meghan (37), die hertog en hertogin van Sussex, het Maandag via die koninklike paleis aangekondig dat hulle ʼn baba verwag.

Die koninklike familie het dié nuus in ʼn verklaring op sosiale media bekend gemaak. Die baba sal glo volgende jaar sy opwagting in die Britse lente maak.

“Die egpaar is dankbaar vir al die ondersteuning wat hulle van mense wêreldwyd ontvang het na afloop van hul troue in Mei en is verheug om die gelukkige nuus met die publiek te deel,” lui die verklaring.

Die egpaar is in Mei vanjaar by die St. George’s-kapel in Windsor naby Londen getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

trol ·

goeie aarde, maar hulle is haastig. then again, the clock is ticking. sy is nie meer vandag se kind nie.

Annelize ·

Sjoe, hulle het glad nie gras onder hulle voete laat groei nie!

VanAfrika ·

In die koning familie is vrouens verplig om in die eerste jaar swanger te wees. Niks nuuts nie.

**anoniem** ·

Duidelik was dit nie die geval vir Prince William en Katherine nie, hulle is 29 April 2011 getroud en hul eersteling is eers 2 jaar later gebore op 22 Julie 2013. Dink daardie is ‘n baie ou en uitgeleefde tradisie.

Gelukwense ·

Baie geluk…
Ai mense kan jul nie maar net geluk se sonder negatiewe opmerkings of bly stil

Blom ·

Baie geluk aan hulle – wonder self ook hoe die baba gaan lyk.
Solank hy net gesond is.

Blom ·

Baie goeie nuus. Geluk aan hulle. Sy is al 37 en dit sal wonderlik wees as Prins Philip ook nog op 98 (2019) die baba kan beleef.
‘n Baba se geboorte is ‘n positiewe gebeurtenis!

Dries du Toit ·

As dit n seun is gaan sy naam ook Harry wees. Elke Tom Dick en Harry se naam is Harry

Seeskulp ·

Goeie nuus vir hulle. Ek dag ek het my verbeel dat Meghan se jas/rok effe aan die los kant was met prinses Eugenie se troue Vrydag.

LEE ·

Wonderful news !
Persoonlik het ek nogal uitgesien na dié aankondiging.
I love the royals…lol
Baie geluk ou stoute Harry.

Hannelie ·

Baie geluk! Hul gesê hul gaan nie wag nie. En met haar ouderdom dink ek dis gepas.

Hanna ·

Harry gaan ‘n uitstekende pa wees! EK is verheug oor die nuus. Ek wens Megs alles van die beste toe, ‘n Winter hoof swagerskap is wonderlik.

GM ·

Dit is sekerlik elkeen se keuse hoe lank hul wil wag voor hul met ‘n gesin wil begin. As die vrou al in haar 30’s is, is dit wys om nie te lank te wag nie.

Wenner ·

Wonderlike nuus!! Soooo bly om n slag iets positiefs raak te lees!!

Stiefsuster ·

Wonder wat gaan Markle se suster nou weer te sê hê hieroor.

LHS ·

Kan die beroepswedders maar begin verwed oor hoe lank daardie huwelik gaan hou.

Abe ·

Pers heks,
Ja, met so’n aantreklike pa en beeldskone ma kan dit ook nie anders nie. Wat ‘n wonderlike vooruitsig vir die ouers. Hoop hulle gaan baie gelukig wees.

Gollie ·

al is die ouers nie aantreklik nie dit gee nie n hel om nie die ouers is lief vir die kind (beeldskoon ofte nie,aantreklik of te nie)

Afrikaner ·

Kan nie wag dat hulle Suid-Afrika besoek nie!

Sou graag wou weet wat hulle dink van plaasmoorde en onteiening van grond sonder vergoeding.

Afrikaner2 ·

Ek sal hulle ook graag wil inlig Afrikaner – want ek is ook een.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.