Meghan Markle se animasiereeks op Netflix gekanselleer

Meghan Markle (Foto: Angela Weiss/AFP)

Netflix het die ontwikkeling van Pearl, ’n animasiereeks wat deur Meghan Markle geskep is, gekanselleer.

Dié program is een van verskeie projekte wat deur Netflix laat vaar is in ’n poging om koste te besnoei.

Netflix het twee weke gelede aangekondig hy het sowat 200 000 kykers in die eerste drie maande van die jaar verloor en die stromingdiens oorweeg nou om bykomende inkomste deur advertensies te verdien.

Die diens verwag dat hy nog sowat twee miljoen kykers in die volgende drie maande kan verloor.

BBC berig Archewell Productions, die maatskappy wat deur Markle en haar man, prins Harry, begin is, het verlede jaar aangekondig dat Markle ’n uitvoerende vervaardiger van Pearl sou wees.

Die reeks sou fokus op die avonture van ’n 12-jarige meisie wat geïnspireer is deur invloedryke vroue uit die geskiedenis.

Netflix het egter bevestig dat hy sal voortgaan om aan ’n aantal projekte saam met Archewell Productions te werk, onder meer ’n dokumentêre reeks genaamd Heart of Invictus. Dié reeks sal fokus op atlete wat aan die onlangse Invictus-spele in Den Haag deelgeneem het.

Netflix het ook besluit om nie voort te gaan met die twee geanimeerde kinderreekse Dino Daycare en Boons and Curses nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christine ·

Ek sou graag wou weet hoe die reeks/e van haar was… Seker klomp rassistiese goed.

Annelize ·

En toe is sy toe nou nie so wonderlik soos sy haarself verbeel en voorhou sy is nie.

Sandra ·

As hulle met advertensies gaan begin om kostes te dek, dink net hoeveel mense gaan dan Netflix opskop? Ek wil tog nie ‘n spul advertensies kyk tydens ‘n rolprent of mini reeks nie, dan kan ek netsowel weer SABC kyk.

Linda ·

Ja soos YouTube mens ook deesdae verswelg met advertensies.

Niklaas ·

Die arme vrou sal nooit daarin slaag om dieselfde gewildheidsvlak te bereik as Prins William se Katherine nie. Sy het skade veroorsaak met daardie Ophra TV uitsending en die feit dat soveel mense haar blameer vir die verskuiwing van die hele gesin VSA toe .

Christine ·

Die Koningshuis was nie goedgenoeg vir haar nie. Sy het verwag hulle moet voor haar neerbuig, om nie te praat van die Britte nie. Sy het gedink sy kan Dianna se skoene inneem, genade nee, nooit! Inelkgeval, ek is nie gek na die Amerikaners of Britte nie. Lol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.