Meisie (14) in sop oor Twitter-dreigement

Twitter_logo_blueDie polisie in Nederland het ʼn tienermeisie in hegtenis geneem nadat sy haar glo op Twitter as ʼn lid van Al-Kaïda voorgedoen en American Airlines gedreig het.

Roland Ekkers, woordvoerder van die polisie, sê die 14-jarige meisie, geïdentifiseer as Sarah, het glo Sondag die dreigement gemaak. “hello, my naam is Ibrahim en ek is van Afghanistan. Ek is deel van Al-Kaïda en op 1 Junie gaan ek iets groot doen, totsiens,” het sy glo aan American Airlines op Twitter geskryf.

Die lugredery het geantwoord: “Sarah ons neem die dreigemente baie ernstig op. Jou IP-adres en besonderhede gaan aan sekuriteit en die FBI gestuur word.” Sarah het vinnig geantwoord: “Ek is regtig jammer. Ek is regtig bang nou. Ek het ʼn grap gemaak asseblief…ek is net ʼn meisie.”

Ekkers sê die polisie ondersoek die saak. “Ons wil graag uitvind wat haar motief was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Hahaha!!! Laat sy maar ‘lekker panic’. Mens kan mos nie sulke dreigmente maak nie. Wat het sy gedink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.