Meisie (14) skok dood in bad

Madison Coe (Foto: ABC/Verskaf)

ʼn 14-jarige meisie van Texas in die VSA is doodgeskok nadat sy glo haar selfoon by ʼn kragprop ingedruk het terwyl sy gebad het.

Volgens polisieowerhede het Madison Coe, ʼn voormalige leerder aan die Terra Vista-laerskool in dié dorp, se ouers haar Sondagoggend dood in die bad aangetref. Coe se ouma, Donna O’Guinn, sê daar was ʼn brandmerk op haar hand.

“Die brandmerk was op haar dominante hand waarmee sy die selfoon sou vashou of gryp as dit in die water geval het,” het O’Guinn aan ABC13 gesê. “Dit is baie duidelik dat sy doodgeskok het.”

Die 14-jarige sou binnekort haar hoërskoolloopbaan in Houston begin en was in die proses om te trek.

“Dit is ʼn tragedie wat nie met enigiemand anders hoef te gebeur nie. Ons wil hê daar moet ten minste iets goeds uit haar dood kom. Mense moet weet dat hulle nie hul selfone in die badkamer moet gebruik nie – veral nie wanneer dit aan krag gekoppel is nie.”

Intussen het die Terra Vista-laerskool ook ʼn huldeblyk aan haar opgedra. “Dit is met ʼn swaar hart dat ons Madison Coe groet. Ons innige simpatie aan haar familie en vriende. Ons sal hierdie las saam dra.”

ʼn Gedenkdiens word Saterdag vir Coe gehou. ʼn Ondersoek na die voorval duur voort. Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

Bron: ABC13, CBS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hennie ·

Ek lees nounet die berig van die meisie wat doodskok in die bad, hoe op dees aarde skok n mens dood met 5 vdc in n bad ?
Water is n beter geleidings meduim as die liggaam , waar is die neutraal of aarde punt as jy in n bad sit ?
Klink na ń ” kom weg met moord” storie .

Kannaland ·

Ek weet nie van neutraal en so nie maar ek weet dat haardroeers en verwarmers al baie mense doodgeskok het in baddens. Jy het seker n punt dat foon slegs laespanning is. Wat is ander wat weet se gedagtes?

Ettienne Swanepoel ·

5v dc kan jou onmoontlik dood skok. Tensy sy n verlengkoord gebruik het en die voorpunt waar die laaier ingeprop was het in die water geval. Dit is die enigste manier. Dit bly egter baie tragies en hartseer. Maak nie saak hoe dit gebeur het nie.

Heel moontlik.... ·

….. selfoon gelaai terwyl sy in die bad was?
Kan nie dink dat selfoin ALLEEN haar kan doodskok nie….

Ettienne Swanepoel ·

Ja. En die punt van die verlengkoord “lead” waarin sy haar “charger geplug” het, het in die water geval en dus is dit dan nie die voon wat haar geskok het nie maar die huiskrag. Daar was heelwaarskynlik nie n muurprop nie, en daarom die verlengkoord. Hoop dit is duideliker.

Charles ·

Ja dis eienaardig in die VSA is die toevoer na huise 110vac. Iewers n slang in die gras.

Daan Erasmus ·

Tegnies maak dit Gladnie sin nie. Iewers êrens is daar detail wat nie genoem is nie. As die Aardlekasie reg werk kan jy maar ‘n haardroër in die bad gooi. Daar behoort niks te gebeur nie. Terloops die aardlekasie is ‘n Suid Afrikaanse uitvinding.

Swannie ·

In die VSA word slegs 2 – punt muurproppe gebruik en 110v.
Daar is dus nie `n “aard draad”soos hier by ons nie.

Paul ·

Nie waar nie, Swannie. Destyds, lank gelede, het die VSA geen “aard” gehad nie, maar in die 1960s, as ek reg onthou, het hulle dit wel begin gebruik. Basies enige moderne huis se bedrading in die VSA se muurproppe het drie gate per prop, waarvan een die aardlekkasie is.

In geboue wat baie oud is in die VSA sal jy dalk nog muurproppe aantref wat net twee gate per prop het, maar dis baie skaars.

Andre van der bank. ·

Ai Hennie, ek het tog begrip vir jou uitlating! Moord en doodslag het naas rugby n sport van keuse in Suid-Afrika geword, daarom dalk jou denke.

Mike ·

Stem saam julle my suster het die radio in die bad laat val en niks oorgekom nie,klink maar baie verdag.

Piet Le Roux ·

Dit is baie tragies maar nie om moontlik : selfoon laaiers is baie kompakt omdat dit nie ‘n transformator tussen die hoë spanning en 5volt gebruik, as die komponente foutief gaan kan die 5volt uitset direk aan die hoogspanning gekoppel word.

Shantelle ·

Krag en water – slegte kombinasie
So hoekom is daar kragproppe in hul badkamers? ?

BEULAH ·

Ons woon in die VSA. Al die badkamers het ten minste 2 kragproppe in.

Deidré ·

Ek weet van ‘n vrou wat ook in die bad dood geskok is, nadat die radio se kragprop in die water geval het!

cor ·

Dit is n hartseer storie maar laat dit ‘n les wees vir selfoon en sosiale media verslaafdes, moet nie n verleng koord gebruik as jy in die bad wil le met n selfoon in die hand nie. Die geval is in Amerika en blykbaar verskil hulle krag netwerke van ons land sin. Selfs hier is ouer huise wat nie aardlekasies het nie of waar dit verkeerd gekoppel is.

Sparkie ·

Dit moet seker dan wees hoekon my ma gesê het, moenie met krag naby water werk nie ( die soos n vuurhoudjie naby petrol, die twee werk nie lekker saam nie, sekere goed moet jy maar by jou kinders indril, en nie v d skool verwag nie, maar vandag se ouers ” outsource”( los goed vir d skool om dit vir hulle kinders te leer) mos alles

vrikie ·

Moenie worry julle, hulle forensies sal agter die kap van die byl kom, anders as hier by ons

Sparkie ·

vrikie, jy verwar nou 2 stories, hier is nie n byl betrokke nie, die een speel in die VSA af, die storie wat die polisie/ forensies agter die kap v d byl probeer kom is die een wat hier in SA , meer spesifiek in Stellenbosch af gespeel het

M ·

Sparkie …agter die kap van die byl kom is n gesegde…m.a.w die forensiese span sal wel kan vas stel presies hoekom die kind oorlede is!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.