Meisie (14) sterf toe suster video neem terwyl sy bestuur

Obdulia Sanchez (Foto: ANA)

ʼn 18-jarige meisie van Stockton in Kalifornië, VSA, is in polisieaanhouding nadat haar suster in ʼn motorongeluk gesterf het terwyl sy ʼn video regstreeks op sosiale media gebeeldsaai het terwyl sy bestuur het.

Volgens owerhede het Obdulia Sanchez beheer oor die motor verloor voor die motor begin tol en in ʼn veld beland het. ʼn Gedeelte van die ongeluk is met haar selfoon opgeneem. Haar sussie, die 14-jarige Jacqueline Sanchez, is uit die motor geslinger en is in die ongeluk dood.

ʼn Ander meisie, ook 14, het net ʼn beenbesering in die ongeluk opgedoen.

In die video wat intussen op sosiale media versprei is, buk Obdulia geskok oor die liggaam en praat met haar. “Dit is die laaste ding wat ek wou hê moes gebeur, oukei? As jy nie oorleef nie, is ek jammer.”

Volgens owerhede het slegs die bestuurder van die motor ʼn veiligheidsgordel gedra.

Nicandro Sanchez, Obdulia se pa, het gesê hy het die video gesien en glo dit is ʼn ongeluk. Sanchez het gesê sy dogter het ʼn moeilike kinderlewe gehad en was die afgelope twee jaar in die toesig van die welsyn.

“Dit was ʼn ongeluk en dis hoe dit gebeur het – wie weet hoekom? Sy weet sy het iets verkeerd gedoen. Sy voel nou sleg, maar sy het haar sussie doodgemaak,”  het hy gesê.

Familielede van die Sanchez-gesin het intussen ʼn skarefinansieringswebwerf geskep om fondse vir Jacqueline se begrafnis in te samel. Sy sou glo eerskomende Sondag 15 jaar oud word.

Obdulia is steeds in aanhouding, maar kan borgtog kry teen $300 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ashlee ·

Net n paar feite. Sy was onder die invloed van drank en dwelms. Die laaste twee jaar verskeie maal gebots met die gereg. Verskeie fotos van haar op fb waar sy pronk met n pistool. N probleem kind alreeds vir menige jare. Ouers het destyds Amerika ingekom onwettig vanaf Mexico, maar word beskerm deur California se beleid om “oog toe te maak”

MissDemeanor ·

Ek hoor jou. Jy dink die kind is “sleg” en sy en haar familie hoort nie in USA nie. Maar kom ons hoor watter faktore dink jy het haar lewe in die verkeerde rigting gestuur en wat dink jy kon dit beter gemaak het? Wat moet deel van n jong kind se lewe / ervarings wees om die kanse te verhoog dat ‘n kind opgroei in ‘n gesonde, gebalanseerde volwassenne wat ‘n bydrae tot die samelewing maak? Miskien het hierdie kind dit nie gehad nie. Weet jy wat met haar gebeur het in pleegsorg, of waarom sy by haar ouers verwyder is? Alle memse het dieslfde behoeftes aan liefde en aan anvaarding. As kinders dit nie kry nie dan word hul “sleg”…en dis nie hul skuld nie. Dis tragies.

Riaan ·

Ek het na Video gaan kyk, die kind het geen remorse. Haar sister le op grond bebloed en als en sy is so kalm soos kan kom en neem nog die video. Dit is iets verskrikliks. Daai arme 15 jarige kind.

Piet ·

Meer as R 3 000 000 vir borgtog! In SA gaan jy dalk 10 jaar tronk toe vir moord.

MissDemeanor ·

Mense verstaan nie die verskil tussen borgtog en vonnoi nie. Jy word borgtog opgele voor jou verhoor. Die hof sal later besluit of sy tronk toe gaan of nie….maar intussen mag sy buite rondbeweeg voor die verhoor plaasvind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.