Meisie (7) ontvoer, van brug afgegooi

Foto: Pixabay

Die polisie in Massachusetts in die VSA sê ʼn ondersoek duur steeds voort nadat ʼn sewejarige meisie van dié deelstaat onlangs uit haar grootouers se huis ontvoer en oomblikke later van ʼn brug tot in ʼn meer gegooi is.

Die Amerikaanse nuuswebwerf CBS berig die meisie is glo tydens ʼn partytjie by haar grootouers se huis deur ʼn familievriend ontvoer en toe later vanaf ʼn brug in die Quinsigamond-meer gegooi.

Volgens polisieowerhede het die man, glo ʼn onderwyser by ʼn privaat skool, die meisie ook gewurg voor hy haar van die brug afgegooi het. Sy het glo talle beserings opgedoen, maar daarin geslaag om na die oewer te swem en hulp by ʼn vreemdeling te ontbied.

Maeve Geary, die vrou aan wie se deur die meisie geklop het nadat sy daarin geslaag het om te ontsnap, het tydens die verdagte se hofverskyning die meisie se waagmoed geprys.

Geary sê die meisie, wat glo slaapklere aangehad het, was papnat en het verskeie kneusplekke aan haar lyf gehad. “Ek wil hê sy moet weet hoe wonderlik sy is en dat dié einste waagmoed en veggees nie verlore moet raak nie. Ek is dankbaar sy het oorleef en hoop sy sal in veilige hande wees.”

Die Massachusetts-polisie het intussen na sake-eienaars uitgereik om kringtelevisiebeeldmateriaal van die gebied aan die polisie beskikbaar te stel om met die ondersoek te help.

Die familievriend, wat Maandag in die hof verskyn het, het skuld op die aanklagte teen hom ontken. Volgens berigte is die man enkele dae daarna by sy werk afgedank.

ʼn Polisie-ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fritz Deelman ·

Maroela ek voel julle is dié beste nuus platvorm in SA, maar ek geniet nie hierdie sensasionele artikels uit Amerika nie (seuntjie in hok, ma en tweeling dood, bogenoemde artikel)
Ons het genoeg grusame voorvalle in ons eie land en sulke artikels maak mens net negatief.
bygesê die een oor die sonblok in die oë was nogal vermaaklik.
Dit is maar net my nederige opinie.

Ou doepie ·

Wat maak ander lande nou saak teenoor hierdie geweld in sa? Hoekom nou ?

Jan Karsten ·

Een ding wat die nuusbrokkies oor die buiteland duidelik uitspel is die feit dat nie net SA gebuk gaan onder geweld, moord, verkragtings, diefstal ens. nie. Was 14 jaar in VSA en daar gaan dit net soos hier, behalwe dat wetstoepassing geskied en skuldiges 95% aan die pen ry. Julle sien en hoor net van enkele gevalle en dan spring julle op julle perdjies. Hou so aan MM.

Juffie ·

Ek stem heelhartig met jou saam Jan. Dis amper soos , ons dink dit gaan so wonderlik met die buurman en “ek ” kry so swaar totdat jy hoor maar “langsaan” gaan dit ook nie so goed nie – dan kry mens perspektief.

Gerhard ·

Net ‘n klein persentasie van mense wat SA verlaat gaan woon in die VSA. Geweld in lande waarheen meeste Suid-Afrikaners emigreer is baie laer as die VSA. Om dus die VSA as voorbeeld voor te hou van hoe die buiteland is, is net moedswillig. Ek sou se ‘n artikel oor hoeveel geweldsmisdaad voorkom in lande waarheen meeste Suid-Afrikaner emigreer sou meer gebalanseerd wees. Hoeveel moorde is daar per jaar in Australie, Britanje, Kanada, Nieu-Seeland, ens?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.