Meisie los hom oor hy ‘arm’ is; hy koop R424 000 se fliekkaartjies

tencent_pek04_39802005‘n Chinese man het $40 000 (R424 000) betaal om vier Imax-teaters te bespreek vir die eerste vertonings van die rolprent ‘Transformers’ om vir sy voormalige meisie te wys sy was verkeerd toe sy hom sewe jaar afgesê het omdat hy arm was.

“Hu Xiaoyun: Ek was so arm toe ons in 2007 in ons vierde jaar op kollege was dat ek nie eens twee fliekkaartjies kon bekostig nie,” het die man op Sina-Weibo, China se weergawe van Twitter, geskryf. “Toe jy na Beijing vertrek het, het jy gesê ek sal altyd so wees.”

“Ek het die afgelope sewe jaar hard gewerk weens daai sin en vandag het ek die helfte van my maandelikse inkomste spandeer op al die sitplekke in Beijing se Imax-teaters te bespreek. Ek wil net sê dalk was jou besluit destyds verkeerd.”

Die man het ‘n beroep gedoen op gebruikers van die sosiale netwerk om die boodskap te versprei tot sy voormalige meisie dit sien en het beloof om hulle met kaartjies na die eerste vertonings te beloon. Sy boodskap is meer as 110 000 keer deur gebruikers versprei en die fliekkaartjies het vinnig gevlieg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.