Mej. Heelal gekroon

Die 24-jarige Mej. Frankryk, Iris Mittenaere, is as Mej. Heelal gekroon (Foto: Mark Sullivan/Mej. Heelal)

Die 24-jarige Mej. Frankryk, Iris Mittenaere, is as Mej. Heelal gekroon (Foto: Mark Sullivan/Mej. Heelal)

Die 24-jarige Mej. Frankryk, Iris Mittenaere, is Maandag (internasionale tyd) in Manila, hoofstad van die Filippyne, as Mej. Heelal gekroon.

Die skoonheid, ʼn student in tandheelkunde wat in Lille in die noorde van Frankryk woon, het aanhangers én beoordelaars van dié kompetisie beïndruk tydens die finale ronde blitsvrae aan al die deelnemers.

Mittenaere het onder meer gesê hoewel lande en hul regerings die reg het om sy grense vir vlugtelinge te sluit, sy dankbaar en verheug is dat Frankryk gekies het om vlugtelinge te verwelkom.

Sy het verwys na die Amerikaanse president, Donald Trump, se opdrag om alle vlugtelinge te verbied om Amerika binne te kom en ook visumhouers te deporteer.

Mittenaere het verder ook gesê dit is belangrik om in jouself te bly glo, selfs al slaag jy ook nie dadelik nie.

“As ek vanaand nie wen nie, sal ek steeds die absolute eer hê om onder die top-3 te wees. As jy nie slaag nie, moet jy weer opstaan, weer probeer en vorentoe beweeg,” het sy gesê.

Mej. Haiti, Raquel Pelissier (25), is as eerste prinses gekroon en Mej. Colombië, Andrea Tover (23), as tweede prinses.

Ntandoyenkosi Kunene, die huidige Mej. Suid-Afrika, het nie die top-13 gehaal nie.

Vanjaar se kompetisie het ook seepglad verloop nadat Steve Harvey, vanjaar en verlede jaar se gasheer van die kompetisie, verlede jaar per ongeluk die verkeerde deelnemer as die wenner aangewys het.

Bron: Mej. Heelal

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pragtig ·

Sy is pragtig en ek is bly slim ook!!! Ek dink egter sy meot 2 keer dink oor vlugtelinge, vra maar vir Duitsland en Oostenryk, skielik het hul ook kriminaliteit, jy het nie nodig gehad om jou huis te sluit, al gaan jy vir ‘n maand weg, nou moet hulle ook sluit en alles dophou!!!!!

Chris ·

In oorsee se kompetisies is daar nie n ding van jy moet n spesifieke vel kleur kies nie, almal kompeteer op gelyke vlak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.