Mej. Wêreld gekroon

Die nuwe Mej. Wêreld

Die nuwe Mej. Wêreld

Die nuwe Mej. Wêreld is Sondagaand in die Amerikaanse deelstaat Maryland gekroon.

Stephanie Del Valle (19), van Puerto Rico, het met die louere weggestap. Haar voorganger, Mireia Lalaguna van Spanje, het haar gekroon. Del Valle het dit as ʼn eer en groot verantwoordelikheid bestempel. Dit is die tweede keer wat Puerto Rico se finalis met die kroon wegstap. Die vorige wenner was Wilnelia Merced, wat in 1975 gewen het.

Yaritza Miguelina Reyes Ramirez van die Dominikaanse Republiek, is as eerste prinses aangewys, terwyl Natasha Mannuela van Indonesië as die tweede prinses gekroon is. Mej. Filippyne en Mej. Kenia was ook onder die top vyf.

Mej. Suid-Afrika, Ntandoyenkosi Kunene, kon dit ongelukkig nie tot onder die top 20 finaliste maak nie. “Ek het nog altyd daaraan gedink en daarvan gedroom om Mej. Suid-Afrika te wees. Om deel van Mej. Wêreld te wees was ‘n seën groter as enigiets wat ek my kon verbeel. Ek het ʼn verhoog met 115 vroue van oor die wêreld heen gedeel. Ek is so trots op hoe ver ek gekom het en hoe ek voortdurend net gebly het wie ek is. Ek het my reis met God begin en Hy sal my deurdra. Ek rus in die wete dat Sy wil sal geskied,” het sy op Facebook geskryf.

Suid-Afrika se Rolene Strauss is in 2014 as Mej. Wêreld gekroon. Penny Coelen-Rey is in 1958 as Suid-Afrika se eerste Mej. Wêreld gekroon. Die eer het Anneline Kriel in 1974 te beurt geval.

Mej. SA by die nuwe Mej. Wêreld.

Mej. SA by die nuwe Mej. Wêreld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

E.K. - ek sê net! ·

Hoe lui die spreekwoord: Beauty is in the eye of the beholder

Toki Scura ·

Wat van Margeret Gardner wat ook gewen het ? hoekom noem julle haar nie ook nie.

Toki Scura ·

Sjoe dit was vrot spelling. Margaret Gardiner – Mej. Heelal Kroon – 1978
Toe Penny gewen het was dit nog die Unie van Suid Afrika gewees !

Marianne ·

Nou nie juis mooi nie.
Hopenlik het die kind ander goeie kwaliteite.

Disselboom ·

Hmm… Skoonheidskompetisies (ydelheid). Op Sondag. Net na grootdoenerige berigte en ontledings oor Geloftedag – en hopelik die Afrikaner se verbintenis tot God? En wat – in elk geval – dra ‘n berig oor ‘n skoonheidskompetisie êrens op die aardbol tot ons welstand en lewenswaarheid by?

gatiep ·

Disselboom sy moet nou propaganda werk gaan doen. Sy kry nie al daai goed verniet nie. Niks is meer vandag verniet nie.

Disselboom ·

Dis ‘n vraag wat gestel word, ‘n stelling wat gemaak word, om te vra watter relevansie ‘n berig ook ‘n skoonheidswedstryd in Maroela Media het; en of die belangstelling daarin strook met die christelike doelstellings, en of Geloftedag betekenis het as dit nie deurgevoer word na ‘n christelik-belydende leefwyse onder Afrikaners nie? Debatteer gerus. Daar is te min debat, en ons lyk en tree op soos ‘n onnadenkende onvermoënde volk.

Ekke ·

@ Toki Scura. Mej Wereld en Mej Heelal is twee verskillende kompetiesies sover ek weet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.