Melania Trump laat die tonge klap

Melania Trump (Foto: AP/Andrew Harnik)

Die Amerikaanse presidentsvrou het die tonge dié week behoorlik laat klap toe sy tydens ʼn besoek aan ʼn tehuis vir jeugdige immigrante in Texas ʼn baadjie met ʼn sogenaamd verskuilde boodskap gedra het.

Op die agterkant van Melania se baadjie het die woorde gepryk: “I really don’t care. Do U?”

Sosialemediagebruikers het bespiegel of dié woorde eintlik ʼn verskuilde boodskap inhou – veral omdat die vrou van pres. Donald Trump amptelik besoek saam met haar man moes aflê.

Stephanie Grisham, Melania se woordvoerder, het aan die Amerikaanse nuuswebwerf CBS gesê die presidentsvrou het glo geensins bedoel om ʼn boodskap aan enigiemand oor te dra nie. “Dis ʼn baadjie,” het Grisham gesê. “Daar was geen verskuilde boodskap nie. Ná vandag se belangrike besoek aan Texas hoop ek regtig nie die media gaan fokus op wat Melania dra nie.”

Melania Trump (Foto: AP/Andrew Harnik)

Maar te midde van die omstredenheid rakende die bewoording op die baadjie het Melania toe weer besluit om dieselfde baadjie met haar terugkeer na die Withuis te dra. Toe klap die tonge éérs dat sy werklik ʼn boodskap aan iemand wil stuur.

Trump het hom hierna tot Twitter gewend en geskryf: “‘I really don’t care. Do U?’ op die agterkant van Melania se baadjie verwys na die fopnuusmedia. Melania het geleer hoe oneerlik hulle is en sy gee werklik net nie meer enigsins om nie.”

Sosialemediagebruikers het egter die presidentspaar behoorlik oor die kole gehaal en van onverantwoordelikheid beskuldig – veral omdat Melania die baadjie vir ʼn tweede keer gedra en moes besef het die publiek en die media sou sekere aannames maak.

Die presidentsvrou het glo tydens haar besoek aan die tehuis vir jeugdige immigrante die personeel bedank vir hulle medemenslikheid en aangebied om self by die projek betrokke te raak.

Melania Trump (Foto: AP/Andrew Harnik)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

madels ·

Wys hulle Melania!!!!!!!!!!!!!!! Ek is trots of jou en Donald Trump dat julle nie n DUIT OMGEE WAT ANDER DINK NIE!!!!!!! Dit wys julle het RUGGRAAT!

Leser ·

Regtig, ‘n baadjie? Kan dit nou so baie ‘nuus’ uitlok. Genade. Laat die vrou tog dra wat sy wil!

Zumie ·

Dit is nie nuus nie – dit is anti nuus…
Wat se tipe mense hou hulle met sulke snert op……. jy kan dra wat jy wil en hoeveel jy wil…

Lena Jonk ·

Daar is niks verkeerds wat die vyande van Trump en sy gesin kan kry nie , dis daarom sulke snert kwytraak. Hou maar dop watter nuus agentskap dit so versprei. Lag net vir hulle dis al.

Denise ·

Ai tog hoekom altyd verkeerde gedagtes kry oor n baadjie wat sy aan het ek is meer bekommerd oor al ons mense en boere wat elke dag so wreed vermoor word !!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.