Melania Trump se toespraak ‘woordeliks dieselfde’ as Michelle Obama s’n

Donald Trump en sy vrou, Melania, op 18 Julie 2016 by die Republikeinse nasionale konvensie in Cleveland Foto: Carolyn Kaster/AP Photo

Donald Trump en sy vrou, Melania, op 18 Julie 2016 by die Republikeinse nasionale konvensie in Cleveland Foto: Carolyn Kaster/AP Photo

Die Trump-veldtog het Dinsdag kritiek verwerp dat twee gedeeltes uit Melania Trump se toespraak byna woordeliks dieselfde is as Michelle Obama sʼn in 2008.

Paul Manafort, Trump-veldtogbestuurder, het Dinsdag aan CNN gesê die woorde wat Melania gebruik het, is “algemene woorde”.

Melania, vrou van Donald Trump, die Republikeinse presidensiële kandidaat in Amerika, het Maandagaand haar toespraak by die Republikeinse nasionale konvensie gelewer.

Die twee paragrawe hou verband met lesse wat Melania se ouers haar glo geleer het en die belang van haar ervaring as ma vir haar kinders.

Manafort het gesê mev. Trump was bewus hoe haar toespraak onder ʼn vergrootglas geplaas gaan word en gesê enige idee dat sy gedeeltes van mev. Obama se toespraak sou gebruik, is “bloot absurd”. Hy het ook probeer om Hillary Clinton te beskuldig. “Ek bedoel, dit is alweer ʼn voorbeeld van wanneer ʼn vrou Hillary Clinton bedreig, hoe sy probeer om haar te verneder en uit die weg te ruim. Dit gaan nie werk nie,” het hy gesê.

Die Withuis wou nie kommentaar lewer oor die ooreenkomste tussen die twee toesprake nie.

Melania het in haar toespraak in Cleveland gesê: “From a young age, my parents impressed on me the values that you work hard for what you want in life, that your word is your bond and you do what you say and keep your promise, that you treat people with respect. They taught and showed me values and morals in their daily life.”

Michelle Obama het in 2008 in Denver gesê: “And Barack and I were raised with so many of the same values: like, you work hard for what you want in life, that your word is your bond, that you do what you say you’re going to do, that you treat people with dignity and respect, even if you don’t know them and even if you don’t agree with them.”

Melania het ook gesê: “We need to pass those lessons on to the many generations to follow, because we want our children in this nation to know that the only limit to your achievements is the strength of your dreams and your willingness to work for them.”

Michelle het gesê: “Barack and I set out to build lives guided by these values and to pass them onto the next generation, because we want our children — and all children in this nation — to know that the only limit to the height of your achievements is the reach of your dreams and your willingness to work hard for them.”

Jason Miller, Trump se woordvoerder, het gesê Melania se span toespraakskrywers het “notas geneem oor haar inspirasie en voorbeelde wat haar eie gedagtes reflekteer”.

Melania het vroeër in ʼn onderhoud met NBC News gesê: “Ek het dit geskryf.” Sy het bygevoeg: “Ek het ʼn bietjie hulp gehad.”

Melania, oorspronklik van Slowenië, is ʼn voormalige model en 24 jaar jonger as haar man.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anti DA ·

Hoop van harte Donald Trump word die nr 1 in Amerika en die DA wen Pretoria met die hulp van die VF+.

Karel ·

Wat maak dit saak as die toespraak die selfde bewoording bevat, daar is belangriker dinge om oor bekommered tewees in Amerika en die res van die wereld.

Joann ·

Dit is darem nog n toespraak,hier by ons is dit n lees les. Als afgelees van papier en die leser sukkel om te lees.

Johan ·

Blablabla. Wat ‘n storm in ‘n teekoppie! Wat van Obama & Hillary gesteunde rebelle in Sirië wat jong kind (8-10 jaar) op kamera poseer en tart dan met ‘n mes keel afsny en onthoof? Klink dit meer na nuus?

gatiep ·

Trump vir presedent asb.
Gaan my nie laat afskrik deur n toespraak nie sy het gelukkig nie haat teen witmense verkondig nie.

Janine ·

Algemene woorde en sinne tel mos nou nie as plagiaat nie. Die stertvere staan styf omdat Trump soveel ondersteuning het. Ek hoop van harte dat hy wen.

Jeanne ·

Ag asb, dit is ook nie so woordeliks nie, en buitendien wat meer moet die arme vrouens nou ook uitdink om te se, dit is mos nou wragtie nie so erg nie. Kan nie glo dat mense so kleinlik is nie, in elk geval word hulle toesprake vir hulle geskryf, so dis nie sy wat plagiaat gepleeg het nie. Ek het egter na beide toesprake geluister en alhoewel hulle oor dieselfde waardes gepraat het, was dit beslis nie ‘woordeliks’ dieselfde nie. Die familie waardes en harde werk en kinders wat jy in ‘n veilige omgewing wil grootmaak is tog basiese elementere waardes en behoort NIE aan Michelle Obama nie. Al wat ek weet sy is ongelooflik mooi en sexy, seker maar weer jaloesie.

Cherokee ·

Heeltemal reg Jeanne, hulle kan haar liewer komplimenteer met haar voorkoms. Sy is lieflik.

Johan ·

Kyk video op youtube. Trump chosen by God to save America. Trump is wat ons hier ook nodig het.

Frederik ·

Plagiaat, hahahahaha ek lag vir die Amerikaanse media…. Dink hulle dat die woorde wat geuiter is, is iemand se intellektuele eiendom? Nee o wee. Dink maar oor al die boeke en verse in die Bybel. Mag niemand die uitdrukking en verduideliking daarvan neem om beskrywend te wees oor die menslike gevoelens en emosies nie?? Sê maar net. Sterkte vir Donald Trump en die VSA.

maria ·

Ek stem saam…..waarom kan ware woorde nie hergebruik word nie? Melanie het dit met meer elegansie en passie gesê! Sy is n pragtige vrou. Jaloesie is maar n ding tussen mense en veral vroue!
Voorspoed aan Mr. Trump en sy gesin.

Kaufman ·

Die amerikaanse media sal alles doen wat hulle kan om trump te benadeel, soos nou hier. Belaglik.

Inderwaarheid is alle politici se toesprake maar dieselfde

Cherokee ·

As hulle dìt plagiaat wil noem moet hulle hierdie forum lees en sien hoe rammel mense ander kommentators se holrug rympies af!

Susan ·

Die bewoording is nie regtig dieselfde nie – baie van ons het die dieselfde waardes, en wat vir ons belangrik is. Die Amerikaners het net te veel tyd op hande – nou word daar derms geryg.

plaas dat daar op meer belangriker dinge gekonsentreer word!

Theresa ·

Dis mos nie dieselfde nie! Met die bohaai sou mens dink dis een en dieselfde woorde. Tipies politiek. Nee wat. Sy wou daardie begrippe oordra en het dit in haar eie woorde gedoen. Daar is tog net SOVEEL woorde in elke taal om ‘n sekere begrip oor te dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.