Melbourne-aanval: Bestuurder had sielkundige probleme

ʼn Skermskoot van ʼn uitsending deur die Australiese Uitsaaikorporasie van die wit sportnutsvoertuig wat in die voetgangers ingeploeg het (21 Desember 2017). Foto: Australian Broadcast Corp. via AP

Australiese polisie het Donderdag gesê owerhede glo nie dat die voorval waarin 19 mense beseer is toe ʼn voertuig in ʼn skare voetgangers in Melbourne ingejaag het, met terreur verband hou nie.

Shane Patton, die waarnemende hoofpolisiekommissaris, het gesê daar is in hierdie stadium geen aanduiding of bewyse dat die voorval met terreur verband hou nie. Hy het gesê die bestuurder van die voertuig ly waarskynlik aan ʼn geestesversteuring.

Maroela Media het vroeër berig ʼn wit sportnutsvoertuig het Donderdag “met opset” in die skare in Flindersstraat ingejaag waar talle mense besig was om hul Kersinkopies te doen. Altesaam 19 mense is beseer, onder meer ʼn kleuter wat ernstige kopbeserings opgedoen het. Vier van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand.

In Januarie is vier mense dood en meer as 20 beseer toe ʼn man ook met opset in ʼn groep voetgangers ingejaag het, net ʼn paar honderd meter van waar die jongste voorval plaasgevind het. Ook hierdie voorval is nie met terreur verbind nie.

Jim Stoupas, die eienaar van ʼn winkel naby die plek waar die voorval gebeur het, het aan Reuters gesê die voertuig het teen byna 100 km/h gery toe dit in die skare ingeploeg het. “Hy het net in die voetgangers ingejaag en ek dink al wat hom gestop het, was die klomp voetgangers waaroor hy gery het,” het Stoupas gesê.

Voetgangers loop verby die toneel waar polisie en nooddienswerkers besig is (21 Desember 2017). Foto: Kaitlyn Offer/AAP Image via AP

“Die voertuig het teen die treinteken tot ruste gekom en al wat jy kon hoor, was ‘doef doef doef doef’ [soos die voertuig mense getref het] en mense wat skree.”

Twee mans is deur die polisie in hegtenis geneem, maar hulle is nog nie aangekla nie. Die polisie het gesê die bestuurder van die motor het benewens ʼn waarskynlike geestesversteuring ook ʼn geskiedenis van dwelmmisbruik.

“Hy is ʼn 32-jarige Australiese burger van Afghaanse afkoms. Hy is bekend aan die Victoria-polisie weens vorige kwessies rondom aanranding, maar hy is nie tans uit op borgtog of onder korrektiewe toesig van enige aard nie. Hy het ʼn geskiedenis van dwelmmisbruik en geestesgesondheidsprobleme,” het ʼn polisiebeampte gesê.

“Sover ons weet, is hy op ʼn geestesgesondheidsplan en ontvang hy psigiatriese behandeling.”

Malcolm Turnbull, die Australiese eerste minister, het gesê sy gebede en gedagtes is by die slagoffers, asook die nooddiens- en gesondheidswerkers wat hulle moet behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Freud ·

Maroela…. Die hoof opskrif se “had” klink darem baie Engels hoor!

Cherokee ·

Ek het dit onmiddelik opgemerk… met rede. Groot geword onder ‘n stiefpa vanuit die Kaap en ek dink dit is Kaapse Afrikaans. Toe ek op laerskool aan die onderwyseres sê “Juffrou, ek had nie ‘n naartjie nie” het sy sarkasties geantwoord met “ek weet jy haat nie ‘n naartjie nie.” Kinders leer vinnig en ek het dit op daardie oomblik uit my woordeskat gesny. Terloops, waarom skryf ons naartjie maar sê nartjie? En hoe word Paarl uitgepreek?

My mening ·

Dit is verontrustend dat hierdie versteurdes tog genoegsaam by hul positiewe is om hierdie aanvalle te beplan. Was dit sy voertuig waarmee hy gery het?
En jy wat die ‘drugs’ verskaf? Mag jou straf eendag oneindig wees.

Daan ·

Snaaks dat persone met verdagte afkoms altyd die een of ander afwyking het. Klink soos die geykte kommentaar en uitsprake van die VSA Obama administrasie.

Rupert Ashford ·

Net so Daan. Meeste van die aanvallers in Europa het ook mos “sielkundige probleme” gehad.

Rupert Ashford ·

Geniet jou tydjie in die “son” Daan. Ons gaan heel moontlik “verdwyn” as SA se kantoorure aanbreek…snaaks hierdie internet wat so onstabiel raak…:-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.