Melbourne-aanvaller was bekend aan die owerheid

’n Polisiebeampte stap verby die slagoffer van die aanval in die middestad van Melbourne. Foto: ANA

Australië se polisie sê die man wat ʼn man doodgesteek en nog twee in Melbourne se middestad beseer het, het “radikale standpunte gehuldig” wat hom tot dié aanval gedryf het.

Die aanvaller, Hassan Khalif Sire Ali (30), se paspoort is in 2015 gekanselleer nadat dit aan die lig gekom het dat hy van voorneme was om Sirië toe te reis, berig Al Jazeera.

Die voorval het gister gebeur toe Shire Ali uit ʼn afleweringsvoertuig geklim, wat hy toe aan die brand gesteek het, en drie mans met ʼn mes te lyf gegaan het, van wie een op die toneel gesterf het.

Die aanval in Bourkestraat het honderde omstanders tydens die middagspitstyd in Australië se naasgrootste stad met afgryse vervul.

Graham Ashton, polisiekommissaris van die staat Victoria, het gesê Shire Ali, wat deur polisie geskiet en in die hospitaal beswyk het, was bekend aan die polisie en die federale intelligensie-owerheid.

Intussen het Scott Morrison, Australië se eerste minister, Saterdag gevra Moslemleiers moet “besonderse verantwoordelikheid” aanvaar om radikalisme in hul gemeenskappe uit te roei, en bygevog hulle moet die aanval erken vir wat dit is, berig die Melbournese dagblad The Age.

Morrison het daarop gewys dat Islamitiese ekstremisme die gevaarlikste vorm van radikalisme in Australië is.

Bill Shorten, die Leier van die Opposisie, het gesê Australië moet genadeloos optree jeens mense wat aanvalle in die naam van ʼn “verdraaide, perverse” weergawe van godsdiens uitvoer, maar gewaarsku daar moet gewaak word teen veralgemenings oor Moslems.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

John ·

… was bekend aan die owerheid… Is Australie bly hy is nou deel van die kliek wat dieselfde deuntjie tokkel… en die polisie wat stamelend met tolk links, die gebeure beskryf. Waar is die volgende aanval?

Jan Brand ·

Oor vyf jaar is almal weer terug in Suid-Afrika wat hier weg is vir ‘n beter lewe. Die Weste se agteroorbuig houding teenoor Islam sal hul ondergang wees.

Cherokee ·

Dit klink asof iemand aan jou sal moet verduidelik dat Australië nie in Europa is nie.

Liberalis ·

Die linkse polities korrekte ding om te doen is dan juis om moslemgeloof te koester.

Gerhard ·

Twyfel sterk. SA bly voor die “Weste” as dit kom by agteruitgang.

Jeremia ·

Stem 1000% saam met Jan Brand.
Wonder of dit 5 jaar gaan wees teen tempo wat sg. asielsoekers en ander Moslems oorstroom én al hoe dieper agteroor gebuig word deur humanistiese politici.
Hierdie tipe aanvalle wat die afgelope jare plaasvind en ernstige misdaad soos verkragting is klaarblyklik nie genoeg waarskuwingstekens vir die humaniste nie.

Jeremia ·

Al is daar diegene wat sover buig om hulself Afrikane te noem : ek beskou myself as Westerling – al bly ek in Afrika.
En indien ek elders gaan kom soos in Sirië of Australië sal ek steeds deur die deursnit as Westerling beskou word. Al sou sommige gelykheidleer aanhangers probeer wees.
Weste/Westerling sou seker met ‘n hele paar (volkekundige) sinonieme vervang kon word.
Ter wille van die taalkundige les: ‘n sinoniem is ‘n woord wat min of meer dieselde betekenis het.
Nou ja, mens moet soms die bobbejaan agter die Kaukasiese-gebergte gaan haal. Net as inleidende aanskouingsles in volkekunde en aardrykskunde.

PJC ·

Jeremia 2 van my kinders en hul gesinne bly in Melbourne. Hierdie is maar skaars gebeurtenis in Australiĕ. Dit is honderde kere veiliger daar as in SA. Melbourne is ook al ń hele paar keer aangewys as “the most liveable city in the world”. Die moslems is nie die probleem nie maar wel die spul liberale wat nie die feite oor moslems in die gesig wil staar nie. Liberalisme is die grootste bedreiging wat daar is vir die mensdom.

jaco ·

hoekom gaan bly moslems dan in Australië? hulle moet mos weet wat om te verwag en dat goed wat vir hulle sonde en met die dood strafbaar is, in Australië aanvaarbaar is. as jou geloof dan teen gay huwelike, voorhuwelikse seks, saamwoon van ongetroudes en eet van varkvleis is, moet dan nie in sulke lande gaan bly nie. messe uitpluk en bomme plant gaan ook nie die sondaars afskrik en laat Moslems word nie.

Cherokee ·

jaco, die antwoord op jou vraag sal jy vind in die Boek van Openbaring waar vertel word van die antichris se doene en late in die laaste jare van die huidige bestel. Johannes, die skrywer daarvan, het 2000 jaar gelede gesê dat die antichris gaan probeer om die wêreld te beheer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.