Mense by nog ʼn VSA-winkelsentrum geskiet

Argieffoto.

Argieffoto.

Ses mense is gewond nadat hulle Maandag by ʼn winkelsentrum in Houston in die VSA in hul motors geskiet is.

Die Houston-polisiedepartement het op sy amptelike Twitter-profiel gesê die skieter is dood op die toneel aangetref. Die department het vroeër bevestig wetstoepassingsowerhede het die skieter doodgeskiet.

Richard Mann, die adjunk-hoof van die brandweer, het bevestig ses mense is in die voorval gewond. ʼn Paar van die gewondes is na ʼn hospitaal geneem, terwyl die res minder ernstig beseer is.

Die omstandighede van die skietvoorval, wat omstreeks 06:30 vanoggend gebeur het, was nie onmiddellik duidelik nie. Ooggetuies het gesê hulle het gesien hoe die skieter op verbygaande motors losbrand voordat die polisie gereageer het. Verskeie motors met koeëlgate en stukkende vensters het in die sentrum se parkeerarea gestaan.

Die voorval kom enkele dae nadat vier vroue Vrydagaand by ʼn winkelsentrum in Burlington, in die Amerikaanse deelstaat Washington, doodgeskiet is. Op 17 September het ʼn man tien mense met ʼn mes gesteek by ʼn winkelsentrum in Minnesota, voordat hy deur ʼn polisiebeampte doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Donovan ·

Die dier is los gelaat… die is net die begin… BID sonder ophou vir America, Europa, Rusland… Hou die tempel dop in Jerusalem…

Denise ·

Nee hel dit raak nou rof die skieter is dit nou n vlugteling wat uit sy dorp gevlug het wat nou die mense so vermoor ? Ek het simpatie met die plekke wat nou so hulle hande vol het met die vlugtelinge maar dit is nou wat jy kry deur hulle jammer te kry en nou word die hele stad , dorp se lewe in gevaar gesit geen rustigheid .vryheid vir al die onskuldige mense dit is dieselfde hier by ons elke dag word ons vermoor ,verkrag, en beroof en geweldadig aangerand!!!! En ook omdat ons jammer kry!!! Without prejudice!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.