Mense het die reg om “vergeet” te word

Google-SearchDie Europese hof het die websoekdiens, Google, gelas om sekere inligting van sy databasis te verwyder, indien iemand daarom sou vra.

Die hof het egter bevind dat die aansoeke aan sekere vereistes moet voldoen. Dit hou veral verband met skakels na inligting wat verouderd en irrelevant is. Die hof bind Google net in Europa, selfs vir data wat in die VSA verwerk is.

Die saak spruit uit ‘n klag van ‘n Spanjaard oor ‘n berig wat steeds, na 15 jaar, deur Google nagespeur kan word oor die opveil van sy huis na daarop beslag gelê is. Die man het gesê die berig skend sy reg op privaatheid, en die regter het hom gelyk gegee, al het Google hom verweer deur te sê Google bied slegs skakels na inligting wat reeds op die internet beskikbaar is.

Die Spanjaard het sy klag aanvanklik by sy land se Buro vir die Beskerming van Persoonlike Gegewens ingedien.

Bronne: Trouw, Los Angeles Times.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.