Criola, ʼn organisasie in Brasilië wat vir swart vroue se menseregte veg, het onlangs rassistiese kommentare wat mense op sosiale media gepubliseer het, op groot advertensieborde naby dié persone se huise geplak.
Van die oortreders het vanjaar op 3 Julie rassistiese kommentaar gelewer oor Maria Julia Coutinho, die eerste swart vroulike weeraanbieder van een van die bekendste nuusprogramme in Brasilië. Dié kommentare het gestrek van mense wat kritiek uitgespreek het oor haar hare, tot mense wat gesê het haar naam, Maju, is ʼn aanduiding dat sy van Afrika is en ander het blatant geskryf, “F** jouself”.
Duisende Brasiliane het hul misnoeë uitgespreek oor dié oortreders.
Criola verduidelik op hul webwerf hulle wou hê mense moes nadink oor die gevolge van hul kommentaar. Berokken ʼn kommentaar op die internet minder skade as ʼn direkte oortreding? Dalk vir diegene wat dit neerskryf, maar vir die persone wat die teiken is, is die vooroordeel presies dieselfde.
Criola het in samewerking met advertensiebordmaatskappye rassistiese kommentaar gepubliseer wat werklik op Facebook en Twitter gelewer is. Die advertensiebord is naby die huis van die betrokke oortreder opgerig. “Ons het die name en gesigte van die outeurs weggesteek, ons wou hulle nie blootstel nie, maar ons wou bewusmaking skep en ʼn gesprek begin. Ons wou hê mense moet begin dink oor die gevolge wanneer hulle sulke kommentaar op die internet publiseer. Want uiteindelik is stilte die ergste vyand van rassisme.”
Criola publiseer die persoon se kommentaar en skryf dan onderaan: “Virtuele rassisme. Ware gevolge.”
Rassisme sal nooit doodgemaak kan word nie.
Kommentaar sneuwel oor die waarheid.
Altyd in eenrigting.
as as jy nie in `n grot groot geword het nie sy jy geweet het “rassisme” het 2 kante glo dit of nie maar swartes kan ook rasisties wees. SKOKKEND maar waar. En as jy nog bietjie meer verstand gehad het sou jy geweet het “rassisme” is net bloot dat jy jou eie vel kleur verkies bo `n ander. Genade kan mense so onkundig wees.