Menseregteaktiviste ontvang ‘alternatiewe Nobelprys’

(Foto: Fredrik Persson/TT File via AP)

Die Right Livelihood-toekenning, ook bekend as die “alternatiewe Nobelprys” is Maandag aan drie menseregteaktiviste van Saoedi-Arabië, wat in aanhouding is, en twee Latyns-Amerikaanse antikorrupsie-stryders oorhandig.

Die stigting het gesê die kontanttoekenning van 1 miljoen krone (ongeveer R1,6 miljoen) vir 2018 sal gedeel word deur Abdullah al-Hamid, Mohammad Fahad al-Qahtani en Waleed Abu al-Khair “vir hul visionêre en dapper poging, gelei deur universele menseregtebeginsels, om die totalitêre politieke stelsel in Saoedi-Arabië te reformeer”.

Die 2018-eretoekenning is aan Thelma Aldana van Guatemala en Colombia se Ivan Velasques oorhandig “vir hul innoverende werk om magsmisbruik te onthul en korrupsie te vervolg”.

Die jaarlikse Right Livelihood-toekenning is in 1980 vir die eerste keer oorhandig. Die stigter, die Sweeds-Duitse filantroop Jakob von Uexkull, het besluit om dit aan persone te oorhandig wat nie deur die Nobelprys vereer word nie.

Al-Qahtani en Al-Hamid is die stigtersaktiviste van die Saoedi-verening vir siviele en politieke regte (HASEM). Hulle is in 2013 onderskeidelik tot 10 en 11 jaar lank gevonnis. Byna ʼn dosyn lede is daarna ook vervolg en skuldig bevind. Die vonnisse het tydens die 2011 Arabiese Lente plaasgevind.

Aktivis en prokureur Al-Khair, wat ʼn blogger verdedig het wat tot tronkstraf gevonnis is vir sy plasings, is in 2014 in hegtenis geneem nadat hy ʼn verklaring saam met talle ander onderteken het wat reformasie in die koninkryk bepleit het. Hy is later tot 15 jaar tronkstraf gevonnis as ʼn uitgesproke aktivis.

Die regering in Saoedi-Arabië het nie dadelik op ʼn versoek van die Associated Press reageer om kommentaar te lewer oor die toekennings nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Judge Dredd ·

Die libs is lief om hul eie beul te blaas.

Hoe die politieke wereld werk as voorbeeld.

Die sosialis betaal 2 onproduktiewe tuinwerkers R80/dag elk en se vir almal hoe hulle werk skep.
Die liberalis sal ‘n meer produktiewe tuinwerker aanstel vir R120/dag en sal vir almal se hoe goeie mens hy is – aangesien hy iemand wat hy kwansuis nie eens nodig het, werk gegee het.
Die konserwatiewe AS hy ‘n tuinwerker nodig het sal hom R150/dag betaal.
Maar as hy aandring dat die tuinwerker produktiewe werk verrig, dan word hy blameer vir uitbuiting deur beide die sosialis en liberalis – sy eie tuinwerker sal oorreed word hoe sleg hy behandel word en hy asook die 3 ander tuinwerkers van sosialis/liberalis(uit solidariteit) sal begin staak en optogte hou by die konserwatiewe se huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.