Mercedes laat vaar appèl-planne

Mercedes en sy ondersteuners meen dat Lewis Hamilton van sy agtste wêreldkampioenskaptitel beroof is. Daar word egter nie meer verdere aksie geneem nie. Foto: Guiseppe Cacace/AFP.

Mercedes het vroeër vandag aangekondig dat hy nie verder teen Max Verstappen se F1-wêreldkampioenskaptitel sal skop nie.

Verstappen is verlede Sondag op dramatiese wyse as die eerste Nederlandse wêreldkampioen aangewys toe hy eerste oor die eindstreep in Abu Dhabi gejaag het.

“Ons het Abu Dhabi in ongeloof verlaat oor wat ons op die renbaan aanskou het. Dit is alles deel van die sport om ’n wedren te verloor, maar dis ’n ander storie wanneer jy vertroue in wedrenne verloor,” het Mercedes in ’n verklaring gesê.

Volgens die motorvervaardiger het hy nog altyd geglo dat die wenner deur meriete bepaal word; Sondag se gebeure het egter ’n wrang smaak in die mond gelaat.

“Die rede waarom ons besluit het om protes aan te teken is omdat die veiligheidsmotor-regulasies op ’n nuwe manier toegepas is wat ’n invloed op die uiteindelike wedrenuitslag gehad het. Lewis [Hamilton] was op koers om die Wêreldkampioenskap te wen.”

Mercedes meen dat hy in die belang van regverdigheid appèl aangeteken het, maar dat “opbouende gesprekke” met die FIA hom van plan laat verander het.

Die renspan hoop dat daar nou voortaan meer duidelikheid sal wees sodat alle deelnemers die reëls ken en weet hoe dit toegepas sal word.

“Ons verwelkom ook die FIA se besluit om die onlangse gebeure te ontleed om sodoende die robuustheid van sy reëls, beheer en besluitneming te verbeter. Ons hou hulle aanspreeklik vir hierdie proses en onttrek hiermee ons appèl-aksie.”

Bernie Ecclestone, die voormalige F1-baas, het juis vroeër vir Mercedes aangeraai om nie met die aksie voort te gaan nie.

“Dit sal doodeenvoudig net lyk of hulle slegte verloorders is. Op die ou einde het twee renjaers mekaar die stryd aangesê en een was vinniger as die ander. Dit is sommer bog – dit het Mercedes vier uur geneem om te wroeg of hulle saak meriete het of nie,” het Ecclestone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Lood ·

Hamilton het net vir Mercedes te blameer dat hy verloor het. As sy span hom ingebring het vir nuwe bande sou hy nog steeds voor wees en met gemak gewen het.

Frans ·

Nee hy sou nie want sy span het hom ingelig dat hy sy posisie op die baan sou verloor het.want jy kyk nie net na hoelank dit neem om bande om te ruil nie maar na die hele proses van dat ‘n motor die baan verlaat teen ‘n vooraf bepaalde spoed die kuipe inkom en verlaat. Dit sou Hamilton se voorsprong uitgewis en agter hom Verstappen geplaas het.
Verstappen kon dit waag want hy was ‘n kuipestop voor die 3de motor en het 2de gebly
al het hy op die baan agter 5 ‘lapped’ motors beland.
Toe die toegelaat is om die veiligheidmotor verby te steek bevind Verstappen hom op beter bande direk agter Hamilton.

KB ·

Ag ou Loos is, en was, nog altyd ‘n swak verloorder…dis hoekom hy so ongewild is. Toto is m.i. ook maar ‘n ou jakkals. Nee wat Horner (Red Bull) is jaartse beter! En Verstappen is ‘n wakker-rakker. Ek is ‘n Vettel-man, maar hierdie is die beste uitslag in jare!

Spearhead ·

Dit is jammer dat Toto nie wil voorgaan met die aksie nie. Dit gaan nie noodwendig oor die verloor nie, maar eerder oor die regverdige toepassing van die reëls, en dit is wat beklemtoon moet word.

Elinette ·

Ag, please, hulle het op hul pap gesit en slaap toe die virtuele veiligheidsmotors uitgebring is. Omtrent ál die spanne het hulle bestuurders laat “box” en die geleentheid gebruik vir varser, beter bande opsit. “If you snooze, you loose”. Lord “Sir” Hamilton en sy hele span is ‘bad losers’ en hulle het geweet ‘n appèl teen die toepassing van reëls tydens die veiligheidsmotorssituasies sou 10/1 geboemerang het.

Vonkprop ·

Mercedes het besef hulle is swak verloorders na die gesprekke met FIA en daarom die besluit om nie te appelleer nie.

Jr ·

Lewis was in a commanding lead!!!!! . Ooh yeata hy het die selfde punte as Max gehad nou het hy n “commanding lead”. Weet jy mense kyk die wêreld vandag deur rooskleurige brille en lewe in Wonderland saam met Alice.
Wie support jy in F1?
Enige iemand wat Hamilton wen of in hom vas jaag!

Elinette ·

Ek ‘support’ enige een wat veglus toon en nie toegee aan druk van LH se rasbeheptheid en sy windgatheid nie. Max Verstappen het VERDIEN om te wen, omdat sy span op hul voete gedink het tydens die twee veiligheidsmotorsituasies. Hamilton het sélf op sy spanradio gesê wat hulle bietjie riskant is om hom níé toe te laat om te “box” soos meeste van die ander renjaers tydens die veiligheidsmotorsituasies nie.

Danie ·

Dis hoe ek dit opsom. Of jy nou hou van Hamilton of nie, op papier is hy een van die beste renjaers ooit. Hy het rekord na rekord laat spat. Daarvoor sal erken dat hy een van die bestes is want geen mens kan doen wat hy gedoen het as jy nie die beste is of was nie en ek twyfel of enige een teen dit kan stry. Hy het n ongelooflike span en voertuig gehad wat saam gewerk het en saam is hulle die laaste 10 jaar dominerend. Die probleem het egter ontstaan toe hy groter as die sport wou raak en toe hy rasse groepe soos die BLM n wereld platform gegee het om hul belaglikhede te verspry en hom as hul spreekbuis gebuik het. Dis seker menslik om n sekere houding te kry as jy een wereld titel na die ander begin wen maar hy het eenvoudig arrogant geraak en mense wou net n nuwe kampioen gehad het wat die sport eerste stel en nie homself nie.

Frans ·

Nee Hamilton was net die gelukkige jaer wat hom in ‘n span bevind het wat tegnologies
meer gevorderd as enige ander span op die baan was,Red Bull kon eenvoudig nie by bly nie en dit het Hamilton instaat gestel op die punte agterstand uit te wis,
Ferrari was nie dominant nie en dit is eerder Schumacher se vernuf soos Verstappen wat hom in die kompetisie gehou het.
Die beste renjaers was die wat sonder al die tegnologie ‘n motor bestuur en beheer het.
Gaan kyk gerus na die motors van die verlede en jy sal wonder hoe hul op die baan gebly het.

Danie ·

Frans, met respek, kan jy glad nie die vorige era se renjaers met die van nou vergelyk nie. Hulle was dalk die beste op hul tyd gewees met wat hul tot hul beskikking gehad het maar dis nie te se dat hul sou kon kophou met dit wat ons vandag het nie. Ook kan jy nie al die lof op Mercedes se motor plaas nie want sonder n uitmuntende jaer, sal die beste motor niks beteken nie, dit moet as n span werk. Jy noem dat Hamilton net gelukkig was maar geluk en n goeie motor aleen gee nie vir jou 7 wereld titels, die meeste 1ste plekke en meeste podiums ooit nie. Ek is nie n Hamilton aanhanger nie en hy sal nooit soveel repek verdien soos Schumacher nie maar dat hy, op papier, die beste jaer is, is n feit.

Elinette ·

Michael Schumacher Snr. het méér wêreldkampioentitels as LH en hy was altyd die nederigste mens (of so word daar aan die wêreld vertel). Ek kan nie een keer onthou dat MS by “oproerigheid” of sensitiewe onderwerpe betrokke geraak het soos LH nie. LH mag miskien die NAASBESTE renjaer wees, maar hy kort ‘n paar lesse in nederigheid. Daar is sportmanne en -vroue wat VEEL GROTER en BAIE MEER hoogtepunte in hul professionele lewens bereik het, maar hulle het nie toegelaat dat dit na hul koppe toe gaan nie.

Danie ·

Elinette, nee Schumacher het nie meer as LH gewen nie, hulle deel die rekord met 7 wereld titels elk. Ek stem egter 110% saam met jou dat hy n veel beter kampioen en drywer is as LH is en dat nederigheid altyd n prioriteit vir hom was. Hy het nooit gedink dat hy groter as die sport self is nie. Ek is nie n LH aanhanger nie maar op papier bly hy een van die bestes maar vir die meeste van ons sal hy nooit die held kan wees wat Shumacher is nie.

MakersMark ·

Probleem is hy het begin optree soos sy blm maatjies wil hê hy moet. “Social justice warrior” vir als. Maar ongelukkig met dit kom die “victim mentality”.

Hoekom ·

Goeie strategie vanaf mercedes, plant saad dat jy gaan appêl aanteken aangesien jy voel dat jy beroof was en dan besluit jy daarteen. Nou kan almal sê ja mercedes en Lewis was beroof. As hulle sou voortgaan met die appêl en die dan verloor het was daar geen twyfel nie…

Bly swak verloorders en swak sportmans gees vanaf mercedes volgens my…

Jakes ·

Noudat Hamilton tot ridder geslaan is, wie het hom geslaan en sal hy volgende jaar weer gereed wees om te verloor?

Elmarie ·

Sug…dankie tog, so moeg nou vir die ou holruggeryde storie. Elkeen het sy opinie orr wie was reg of moes wen, maar dis nou oor en verby. Dis al amper nuwe seisoen dan karring mense nog.

Elinette ·

Die “Sir” is nou sekerlik te belangrik om hom met ‘mundane’ sakies soos hierdie op te hou. Ek hoor hulle weet ook nie of hy volgende jaar weer gaan deelneem nie. Ek sê: “Bye-bye ‘lord’ (van agter na voor gelees) ‘Sir’ Hamilton – please switch the lights off and close the door behind you when you leave”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.