Meryl Streep, man ‘kies om aparte lewens te lei’

Meryl Streep en Don Gummer by die 90ste jaarlikse Oscars-geleentheid in Hollywood, Kalifornië, op 4 Maart 2018. (Foto: Valerie Macon/AFP)

Meryl Streep, die Oscar-bekroonde aktrise, en haar man, die beeldhouer Don Gummer, is al vir ses jaar van bed en tafel geskei.

Streep (74), wat al drie keer ʼn Oscar-beeldjie huis toe geneem het, en Gummer (76) is in 1978 getroud, en vier vanjaar hul 45ste huweliksherdenking.

Die nuus is Saterdag in ʼn verklaring deur ʼn verteenwoordiger van die egpaar aan People bevestig.

Page Six het egter Vrydag eerste oor dié nuus berig.

“Don Gummer en Meryl Streep is al vir meer as ses jaar van bed en tafel geskei, en terwyl hulle altyd vir mekaar sal omgee, het hulle gekies om aparte lewens te lei,” het die verteenwoordiger gesê.

Hulle is die ouers van vier volwasse kinders –  ʼn seun, Henry, en drie dogters, Mamie, Grace en Louisa.

Streep en Gummer is nog in Maart 2018 saam by die Oscars afgeneem. Hoewel hulle vroeër gereeld saam vir foto’s poseer het, hou hulle grootliks hul persoonlike lewens uit die media.

Streep is egter nog onlangs met haar trouring aan haar vinger by ʼn toekenningsgeleentheid in Spanje raakgesien.

Gummer kom oorspronklik van Louisville, Kentucky, en het Streep in 1978 deur haar broer ontmoet. Sy het toe net haar kêrel, mede-akteur John Cazale, aan die dood afgestaan weens longkanker.

Bronne: People.com, CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Het haar eers gesien in Kramer vs Kramer saam met Dustin Hoffman en verlieg geraak. Lyk nog goet vir 74.

Karoo ·

‘n Mens hoef vir seeker nie alles te verstaan nie. Die belangrikste is, dit werk vir hulle en die kinders weet daarvan. Bravo dat hulle die unieke verhouding kan laat werk in die vorem wat julle saam gekies het.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.