Mexiko-president gaan nie met Trump vergader

Enrique Pena Nieto, president van Mexico (23 Januarie 2017) Foto: AP Photo/Marco Ugarte

Enrique Pena Nieto, president van Mexico (23 Januarie 2017) Foto: AP Photo/Marco Ugarte

Enrique Pena Nieto, president van Mexiko, het Donderdag gesê hy gaan nie ʼn beplande verdagering op 31 Januarie met pres. Donald Trump van Amerika bywoon nie.

Dit volg ure nadat Trump op Twitter gesê het die vergadering moet gekanselleer word indien Mexiko nie vir ʼn grensmuur sal betaal nie.

Pena Nieto se boodskap op Twitter is ʼn antwoord op die onsekerheid hoe hy sou reageer teenoor Trump se aggressiewe houding teenoor die land.

Maroela Media het vroeër berig Trump het reeds met uitvoerende optrede begin oor immigrasie en met stappe om sy voorgestelde muur op die VSA/Mexiko-grens te bou. Hy sal na verwagting ook voorstelle hersien wat die vloei van vlugtelinge na die VSA sal beperk.

“Ek het die Withuis vanoggend in kennis gestel dat ek nie die vergadering volgende week Dinsdag sal bywoon nie,” het Pena Nieto op Twitter gesê. “Mexiko benadruk sy bereidwilligheid om met die VSA saam te werk om ʼn ooreenkoms te bereik wat tot voordeel strek van albei lande.”

Sean Spicer, woordvoerder van die Withuis, het gesê hulle sal ʼn ander datum beplan. “Ons sal die kommunikasiekanale oophou,” het Spicer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Yolandie Le Roux ·

As mnr Trump so graag die muur wil bou. Hoekom moet die Meksikaanse president daarvoor betaal.
Mnr Trump moet maar self daarvoor betaal

Hendrik ·

Trump skiet homself en Amerika in die voet. Die oorgrote meerderheid onwettige Meksikaanse immigrante in die VSA is mense wat met wettige visums die VSA binnekom, en dan nie weer teruggaan nie. ‘n Muur sal slegs ‘n baie klein persentasie mense keer. Meksikaanse trekarbeiders vervul ‘n kritiese rol in die VSA landbou en visums sal dus daarvoor aan hulle uitgereik moet word.

Deur Amerikaanse vervaardiging uit Meksiko te onttrek, ontstaan groter werkloosheid in Meksiko en dus meer dwelmhandel met die VSA. Daardie manne grawe tonnels om die VSA binne kom. Trump moet eerder werk om Amerikaners van dwelms af te kry.

Die jongste berekening dui daarop dat dieselfde voertuig wat in Amerika vervaardig word, tussen 20 en 30 % duurder gaan wees as wanneer dit in Meksiko vervaardig word. Ek wonder wat Amerikaners daarvan gaan sê. Trump se populistiese aksies lyk opwindend op die kort termyn, maar op die langtermyn glo meeste ekonome dit sal rampspoedig wees. Hy lyk nou lekker “grootmeneer” nadat hy weier om met Meksiko se president te praat, maar geen land kan in volslae isolasie leef nie.

Christiaan ·

Hendrik – Die oorgrote meerderheid immigrante kom NIE met wettige visas die land in nie! Trump het ook gesê hy wil ‘n ‘werk visa’ instel vir migrant werkers! M.a.w jy ket kontrole oor immigrante. Daar is reeds planne in die werke om tonnels te verhoed. Voertuie sal nie duurder wees as dit in die VSA vervaardig word nie! Korporasies betaal werkers in Mexico ‘n minimale bedrag en hou die profyte in hul sakke. Sy aksies is niks anders as die van Reagan en die Amerikaanse ekonomie sal groei.

Andre vander bank ·

Hendrik. Waar kom jy aan jou eerste stelling? Genade, net andersom. Hulle kom in sonder enige visas. Ek woon mos ook noual 25 jaar in Southern California, behoort sekerlik te weet!

t ·

Trump werk daaraan om die lot Amerikaners van die dwelms af te kry. In ‘n Tweet stel hy voor daar sal vir dwelms getoets word voor jy hulp van die staat kan verwag.

Stem Andre ·

Ja Andre, kyk jy het hier nou ‘n klomp Suid Afrikaners wat voorgee om alles te weet wat in Amerika aangaan. Skielik is hulle kenners op politieke en ekonomiese veld. Daar is geen manier dat daardie werkers met Visas die land inkom nie, soos jy tereg gese het, en BEHEER daaroorin die toekoms is ‘n baie goeie ding. Dis net sowel mense se die Zimmers en Mosambiekers in SA is wettiglik hier. Hulle is meestal ONWETTIGE IMMIGRANTE en as hulle aangejaag het vlug hulle terug en word nooit weer opgespoor nie. Ek glo VSA kan sonder Mexico klaarkom, dink nie dit gaan hulle vreeslik pla nie.

willie ·

Indien daar genoeg stene oorbly skenk dit asb vir ons grense!

Ag ·

Stem, ons het n trump en muur hier nodig om ons land weer onder beheer te kry. Bid elke dag daarvoor

Koos ·

Die muur het meer simboliese / ideologiese waarde. Beskerm wie en wat jy is – en WIL wees!

gatiep ·

The Trump wall.Bou hom klaar hulle sal betaal, hulle het vir jare gesuig aan die US.

Ronald ·

Hendrik n mens kan duidelik aflui dat jy nie n Trump lief hebber is nie.

GES ·

Die Mexikane gaan in elk-geval vir die muur help betaal as daar invoerbelasting deur die VSA gehef gaan word. Die stories wat deur linkses versprei word is maar net ʼn bewys dat hulle nie “nee” as antwoord kan aanvaar nie. Dit sou wonderlik wees om ook ʼn president soos pres. Trump in SA te hê wat iets vir sy mense omgee en nie sy party 1ste stel nie.

giep ·

Ek kan nie wag vir die muur nie. Trump sal wel ‘n manier kry om die geld daarvoor uit die Mexiane te kry. Ek het geen twyfel daaroor nie. Mexico is ‘n hool en al wat ‘n skelm is vlug soontoe. Waarom? En dan kom die druglords in die US ook in. Die muur gaan dit help stop.
Het China nie ook hulle muur gebou om gevaar uit te hou nie? Help my bietjie met daardie geskiedenis van hulle muur? Hulle wou sekeer elemente uithou ? So wat is die verskil?

Wonder net...? ·

André vanderbank, so bly jy lees Afrikaanse nuus! Jy is dalk ons antwoord om uit hierdie land te kom, ons sal wat wil gee om uit Suid-Afrika te kan emigreer… Ai, hoe wens ek jy was ‘n goeie feë wat werk vir ons gesin in daai mooi land oor die verre waters kon gee…

Pendoring ·

Trump is briljant met die muur! Gebruik Mexico se invoerbelasting om dit te bevonds. Gebruik die onwettige immigrante wat tronkstraf uit dien om dit te bou en die voordeel is wanneer hulle wil “ontsnap” van die werkerskamp af gaan hulle reguit Mexico toe hardloop want dis net anderkant die muur. Net daar help die immigrante probleem homself oplos. Briljant!

Nico K ·

Ek stem saam met Hendrik dat ‘n muur nie onwettige immigrasie sal stop nie. In SA sit ons met dieselfde probleem. Ja daar is baie wat oor die grens loop. Maar dit is so maklik om met ‘n permit die land in te kom en net hier te bly. Want die kans om ‘n onwettige te vang is baie klein en ONS gee hulle werk. Ek ken baie mense wat Zimbabwiërs in diens het. So dit is ons eie skuld. En ek verstaan die Amerikansers stel ook baie Meksikane aan om vir hulle te werk. Dit was ons probleem van die begin af. Honderd jaar terug was daar was nie so baie anderskleuriges in ons dorpe nie. Die meeste was in hul tradisionele gebiede. Maar ons was te lui om self te werk en dit is hoekom daar so baie na ons dorpe en stede gekom het.

Oi Nico ·

Kom ons wees eerlik, met border patrol tussen Mosambiek en Zimbabwe was hier nie so baie onwettige immigrante nie, daar word tans van miljoene gepraat. Die Amerikaners hoef nie Meksikane aan te stel om vir hulle te werk nie, hulle doen die Meksikane ‘n guns .. as hulle nie wettig daar kan kom nie, verbeur hulle dan ook die werk. LUI OM TE WERK? Jissie hoe geyk is daardie ou sinnetjie van jou nie al nie .. HET JY AL GEBOER? Besef jy dat EEN OU nie alleen kan oes, plant,saai nie? Het jy al besef dat daar in EEN myn meer as 3000 WERKERS werk of moet die Mynbase SELF die goud uitgrou? Jou redenasie maak GLAD NIE SIN NIE. Julle wil so graag se ons Wittes is LUI, daarom het ons swartes in diens . eerstens gee dit swartes ‘n inkomste en seersekerlik kan nie EEN ou ‘n hele myn bedryf nie .. of ‘n hele boerdery handhaaf of ‘n hele fabriek se produkte produseer nie .. BAIE DOM aanmerking oor LUI. AS jy praat van huishoudings . 15 000 huiswerkers het sedert Sept hulle werk verloor.. so Wittes is nie te lui nie, hulle doen nou hulle eie werk . hulle help ongeskoolde swartes om ‘n inkomste te verdien.

m ·

Trump se muur is sy probleem ons sit met ons eie chaos in hierdie land wat besmet is van die kriminele. Ons president kan net sit en lag oor alles en met geen oplossings kom nie, ten minste probeer Trump darem.

DewaldS ·

Ek kry aanhoudend die idee dat President Trump een van min mense is wat verstaan wat 19 triljoen dollar skuld beteken. En bereid is om te doen wat gedoen moet word. Al die mense wat so slim is van die kantlyn af – daar is ‘n rede hoekom Donald Trump ‘n biljoenêr is. As julle dan so vreeslik slim is, hoekom is julle nie so vreeslik ryk nie?

So – ek sê nie dat geld alles is nie, maar saam met ekonomiese ineenstortings kom geweldige wetteloosheid en onregverdigheid. Dan help ‘warm fussy feel good issues’ net mooi niks.

Billies ·

Hehehe dit gaan Trump nie phase of jy opdaag of nie .. sy plan is uiteengesit . so of jy moet nou al begin oefen om oor die muur te spring . of jy moet hom maar ontmoet aan hierdie kant terwyl daar nog nie ‘n muur is nie.

John ·

Mexiko is ‘n loodsvis; ‘n parasitiese staat. In die ou-ou dae sou die VSA die land binnegeval het en die spulletjie ‘n les geleer het, selfs geannekseer het wat dalk ‘n beter opsie sou kon wees. Dan kon die land behoorlik opgebou word en die misdaadneste skoongemaak word. Baie vervalle dorpe in die VSA word deur bendes beheer en doofmiddels uit Mexiko vloei vryelik. Soos in die SA beskerm baie VSA-werkgewers hul onwettige immigrante wat min probleme gee uit vrees dat hulle gerepatrieer sal word.

Anton ·

…Trump bou n muur en die Meksikaners bou dan net n trumpoline…om oor te kom…LOL

Ons eie land ·

Gaan my verstand te bowe , almal moan oor ou Donald maar kyk met wat de hel sit ons!!!
Iemand met geen rugmurg geen standaarde geen etikiet, geen maniere, dief want hy steel al ons geld…leeunaar en om als afterond dom ook nog…kan nie een blerrie syfers lees nie..
Donald kan darem die syfers lees want hy het genoeg van sy eie hy hoef ie te steel nie en hy sal die muur slef kan betaal as hy moet..
Mexico is die “drug” paradys…..en as jy nou mooi na geskiendenis gaan kyk is die oorsaak van alle aaanvalle imegrante wat daar is of oorgekom het…
elke person van n ander land vat jou kind of man se werk….elkeen van hulle vat die geld uit die land wat maak dat ons land armer word…hoe kan iemand dit nie insien nie , maar nou wil julle oor n muur wat nie eens in jou eie land is nie debateer…. kom nou laat hy sy muur bou , en bid jy dat jou kind en man werk het en self jy …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.