MH370: Vliegtuig se wrak dalk gevind

Argieffoto.

Argieffoto.

Die vermoede bestaan dat vliegtuigwrakstukke wat naby die Reunion-eiland in die Indiese Oseaan gevind is, dié van Malaysia Airlines se vlug MH370 is wat meer as ʼn jaar gelede spoorloos verdwyn het.

Die Telegraph berig ʼn Franse lugvaartkenner glo die wrakstukke is dié van vlug MH370. Xavier Tytelman, ʼn voormalige militêre vlieënier wat nou in lugvaartveiligheid spesialiseer, is Woensdag genader deur ʼn man wat op die Reunion-eiland woon. Die man het foto’s aan Tytelman gestuur van die wrakstukke wat op die eiland uitgespoel het.

Tytelman het aan die Telegraph gesê daar sal moontlik vinnig vasgestel kan word of die wrakstukke wel dié van vlug MH370 is.

Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 met 239 mense aan boord verdwyn. Daar word vermoed dat die vliegtuig in die Indiese Oseaan naby Australië in die see gestort het. Die vliegtuig was van Kuala Lumpur na Beijing onderweg toe dit van die radar verdwyn het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor vlug MH370 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.