Die BBC berig dat die familie die nuus in ‘n verklaring bekend gemaak het. Volgens die verklaring is die 45-jarige Schumacher uit die hospitaal in Grenoble, Frankryk ontslaan en sal sy rehabilitasie by ‘n onbekende plek voortgesit word. Sy familie het ook diegene bedank wat vir Schumacher boodskappe van ondersteuning gestuur het.
Schumacher het op 29 Desember tydens ʼn ski-ongeluk by Meribel ernstige kopbeserings opgedoen. Hy moes twee operasies ondergaan en was sedertdien in ‘n geïnduseerde koma . Dokters het op 30 Januarie gesê hulle is besig om sy medikasie te verminder in ʼn poging om hom uit die koma wakker te maak.
Dis wonderlike nuus!!! Dank die Here…..!
Sterkte vir die Muhammad Ali van F1. Hoop die pad na algehele herstel is maklik en kort.
Prys die Here vir die wonderwerk. Amen
That is great news all our prayers did work. You will always be in our prayers and will recover 100%.
Daar was eenvoudig net so baie gebede vir Schumie dat hy moes opwek. ALLE eer aan God!
Sy herstel sal ook volkome wees.Sterkte vir hom en sy familie.
Netso! Al die gebede is verhoor! Bid nou vir ‘n spoedige herstel, sterkte Schumie!!
Ek hoop hy herstel volkome – hy is nog jonk en kan nog so baie beteken en ‘n inspirasie wees! Mag hy 100% herstel, in 1994 hom in Moncao sien wen – die eerste jaar wat hy F1 kampioen geword het (toe nog nie vir Ferrari gejaag nie). Sterkte ou yster!
Alle eer aan HOM !
Sterkte en voorspoed vir algehele herstel Schumi.