Microsoft het R397,7 miljard in kontant vir LinkedIn aangebied. Die ooreenooms, wat deur Microsoft en LinkedIn se raad van direkteure goedgekeur is, sal na verwagting teen die einde van 2016 bekragtig word.
Volgens Microsoft sal LinkedIn sy handelsmerk, kultuur en onafhanklikheid behou en sal Jeff Weiner aanbly as uitvoerende hoof. Die aanbodprys is sowat R3 000 per aandeel, wat ‘n premie van 49,5% verteenwoordig gegrond op LinkedIn se sluitingsprys Vrydag.
Die verkryging is onderhewig aan goedkeuring deur LinkedIn se beleggers en reguleerders. “Die LinkedIn-span het ʼn fantastiese bedryf ontwikkel wat daarop gemik is om professionele mense regoor die wêreld te verbind,” het Satya Nadella, uitvoerende hoof van Microsoft, in ʼn verklaring gesê. “Saam kan ons LinkedIn se groei, sowel as Microsoft Office 365 en Dynamics, versnel in ons strewe om elke persoon en organisasie op die planeet te bemagtig.”