Microsoft koop LinkedIn vir reusebedrag

Foto: www.forbes.com

Foto: www.forbes.com

Microsoft het ingestem om die sosialemedia-diens vir beroepslui, LinkedIn, vir ʼn reusebedrag te koop, en dit in kontant.

Microsoft het R397,7 miljard in kontant vir LinkedIn aangebied. Die ooreenooms, wat deur Microsoft en LinkedIn se raad van direkteure goedgekeur is, sal na verwagting teen die einde van 2016 bekragtig word.

Volgens Microsoft sal LinkedIn sy handelsmerk, kultuur en onafhanklikheid behou en sal Jeff Weiner aanbly as uitvoerende hoof. Die aanbodprys is sowat R3 000 per aandeel, wat ‘n premie van 49,5% verteenwoordig gegrond op LinkedIn se sluitingsprys Vrydag.

Die verkryging is onderhewig aan goedkeuring deur LinkedIn se beleggers en reguleerders. “Die LinkedIn-span het ʼn fantastiese bedryf ontwikkel wat daarop gemik is om professionele mense regoor die wêreld te verbind,” het Satya Nadella, uitvoerende hoof van Microsoft, in ʼn verklaring gesê. “Saam kan ons LinkedIn se groei, sowel as Microsoft Office 365 en Dynamics, versnel in ons strewe om elke persoon en organisasie op die planeet te bemagtig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.