Middeleeuse muntskat onder stadsplein gevind

Uitgrawings onder die Domplein. Foto: ANP

Uitgrawings onder die Domplein. Foto: ANP

Bouers wat aan ‘n ondergrondse museum onder die Domplein in die Nederlandse stad Utrecht werk, het op iets afgekom wat sommer goed in die beoogde museum gaan tuishoort – 52 goue en 12 silwermunte.

Die goue munte dateer uit 570 tot 700 na Christus, wat nie net bewys dat daar toe reeds munte in Utrecht gemunt is nie (die stad huisves steeds die koninklike munt), maar ook dat die stad toe onder die heerskappy van die Friese gestaan het. Die munte was Friesiese nabootsings van die Frankiese tremisses.

Die silwer muntstukke is sceatta’s wat wyd langs die Europese kus in gebruik was.

Die munte is nou vir ‘n kwart miljoen Euro’s gewaardeer, maar hul historiese waarde is onskatbaar.

Die uitgrawings onder die Domplein het al verskeie vondste opgelewer, waaronder ‘n deel van ‘n Romeinse pad.

Klik hier om meer te lees.

Bronne: NOS, Trouw, Volkskrant

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.