Mike Pence gooi naam in hoed vir president

Mike Pence (Foto: Scott Eisen / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)

Die Republikein Mike Pence (63) het nou ook sy naam in die hoed vir die 2024- presidensiële benoeming gegooi.

Die voormalige Amerikaanse adjunkpresident het Maandag sy papierwerk by die federale verkiesingskommissie ingedien en sal na verwagting Woensdag sy veldtog formeel met ʼn video-, toespraak- en stadsaalgeleentheid in die deelstaat Iowa van stapel stuur.

Pence sluit hom aan by ’n groeiende lys Republikeine wat beoog om die volgende Amerikaanse president te word. Dit sluit in Pence se oudbaas Donald Trump, onder wie hy vier jaar lank in die Withuis gedien het, asook Ron DeSantis.

Donald Trump en Mike Pence in Februarie 2019. (Foto: Andrew Harnik/AP)

Pence het hom eindelik verkiesbaar gestel nadat hy die afgelope twee jaar vroeg-benoemde state soos Iowa en New Hampshire besoek het in ’n poging om sy politieke visie as ʼn “Christen, konserwatiewe, Republikein – in daardie volgorde” te versterk.

Pence was ʼn groot deel van die vier jaar aan Trump se sy, lojaal aan die oudpresident. Hy het hom egter gedistansieer nadat ondersteuners van Trump die Amerikaanse Capitol in Januarie 2021 bestorm het.

Kenners sê Pence se toetrede verander nie veel nie aan die dinamika van die presidensiële wedloop wat in drie bane verdeel is: Trump, Trump se grootste teenstander DeSantis, en almal anders.

Bronne: AFP, BBC, CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

melaney ·

Mike Pence is te ordentlik en eerlik om die VSA se president te word. Hoe meer oneerlik, hoe groter die kans om in die Withuis te kom.

Gaitsigubib ·

Waarom reken jy anders? Hy wou nie Trump ondersteun m.b.t Jan 6 nie, maar sy toespraak voor die 2016 verkiessing was vrek goed. Ek glo as dit nie vir hom was nie het Trump nie gewen nie, dis waarom Trump hom ook “VP” gemaak het. Ek glo jy gaan my nie antwoord nie (want jy kan nie). Julle ouens tik sowaar net om die tyd om te kry. Hy is nie my eerste keuse nie maar in sy eie staat het hy net goed gedoen. Vertel my gerus iets wat ek dalk nie weet nie. Ek wag………..

annie ·

Ag foeitog wat ‘n rugsteker. Hy spring toe om en gebruik die geleentheid wat Trump hom gebied het om naam te maak. ‘n Koud vis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.