Miljardêr-eienaar van sokkerklub sterf in heli-ongeluk

Vichai Srivaddhanaprabha (60). Foto: AP Photo.

Vichai Srivaddhanaprabha (60), die Thaise miljardêr-eienaar van die Leicester City Football Club, is een van die vyf persone wat Saterdagaand dood is toe sy helikopter net buite die King Power-stadion in Leicester, Engeland, in ʼn parkeerterrein neergestort het.

Dié ongeluk het sowat ʼn uur nadat Leicester 1 – 1 teen West Ham United gelykop gespeel het in die Premierliga plaasgevind.

Die helikopter het van die speelveld in Leicester opgestyg en kort daarna neergestort. Foto’s van die helikopter in vlamme gehul is op sosiale media rondgestuur.

Die vyf persone aan boord was volgens berigte Vichai, twee personeellede, die vlieënier en sy lewensmaat.

‘n Lugfoto van die ongelukstoneel. Foto: AP Photo.

Luidens ʼn verklaring van die klub is Vichai se lewe gedefinieer deur sy liefde vir sy gesin en dié wat hy suksesvol gelei het. “Leicester City was onder sy leierskap ʼn familie.” Die span het onder sy leierskap in 2016 die Engelse premierliga-titel verower.

Vichai is in 2018 deur Forbes-tydskrif as die vyfde rykste persoon in Thailand aangewys met ʼn nettowaarde van sowat R71 miljard ($4,9 miljard).

Hordes aanhangers het blomme, sokkerserpe en geskrewe gebede buite die klub se terrein gaan neerlê.

Luidens die BBC het Vichai Leicester City in 2010 vir £39 miljoen gekoop.

Leicester se volgende wedstryd wat Dinsdag teen Southampton sou plaasvind, is onbepaald uitgestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Heli ·

Terwyl in SUID AFRIKA die MENSE dit GOEDPRAAT as ‘n polisiehelikopter sommer net STOP vir KFC … jammer vir die familie van die oorledene, lyk my die helikopter vlieeniers is nie meer wat hulle was nie …

$ ·

Ek het net vanoggend gelees uit Spreuke: “Riches will do you no good on the day you face death, but honesty can save your life”.

Mag ons almal die verganklikheid van geld en rykdom besef, en aandag gee aan dít wat ewigheidswaarde dra …

Landi ·

Ha! Wie lag en skud nou hul koppe vir die “klakouse” van SAPD?… Spul skape wat se woorde nog nie koud is nie. Dis hoekom! Bitter jammer en groot empatie met oorledenes se familie, vriende en sportmanne. Sug.

KFC ·

Sien, as daai piloot maar net klaar geëet het voor hy opgestyg het was hulle almal okay. Mens kan dalk met eet-en-bestuur wegkom in ‘n voertuig of ‘n fixed-wing, dit is te moeilik in ‘n helikopter!
Land eerder vir KFC.

Huh! ·

Terwyl mense grappies maak oor KFC & SAPS, dink aan watter hel daardie mense op die helikopter moes deurgaan vóór hulle gesterf het. Hulle was nie almal op slag dood nie.

OK, nou, maak maar weer grappies daaroor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.