Miljardêr-sakeman vat Trump aan in verkiesing

Michael Bloomberg (Foto: Mike Bloomberg/Facebook)

Die Amerikaanse federale verkiesingskomitee (FEC) het Donderdag aangekondig dat Michael Bloomberg, voormalige burgemeester van New York en skatryk sakeman, as die Demokratiese presidentskandidaat aan die 2020-presidentsverkiesing in dié land gaan deelneem.

Bloomberg het ’n verklaring van kandidaatskap by die FEC ingedien en sy amptelike veldtogkomitee, Mike Bloomberg 2020, geregistreer. Bloomberg is die eienaar van Bloomberg LP, ʼn finansiële, sagteware, data- en media-maatskappy. Volgens sy eie webtuiste is hy die 14de rykste persoon ter wêreld en die negende rykste in die VSA.

Volgens The Washington Post het Bloomberg vroeër vandeesjaar besluit om nie as presidentskandidaat te staan nie omdat hy glo dit sou moeilik wees om die Demokratiese benoeming te wen. Hy het later besluit hy is die geskikte presidentskandidaat vir die party omdat hy oor jare se politieke ervaring beskik en ’n beter kans het om pres. Donald Trump te klop. Bloomberg beoog om miljoene dollar te bestee op ’n kieserregistrasiestasie met die doel om Trump se kandidaatskap in die wiele te ry.

Volgens Stephen Benjamin, medevoorsitter van die Mike Bloomberg 2020-veldtog en ook burgemeester van Columbia, is dié veldtog uniek, met ’n daadwerklike fokus op die kiesers en burgers op voetsoolvlak.

Fox News berig dié 77-jarige miljardêr en voormalige burgemeester beplan om soveel as 20 miljoen dollar aan sy veldtog te bestee. Volgens Forbes het hy ’n netto waarde van sowat 53 miljard dollar.

Bloomberg is veral passievol oor klimaatsverandering.

Bloomberg was van 2002 tot 2013 burgemeester van New York en is ook die stigter van die Bloomberg News-agentskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

MAGA ·

Bloomberg? Die ou wat sy kliente uit miljoene dollars geembezzled het?? Sterkte ou maat…

MAGA2020…

marous ·

Die VSA se Waterloo is nader as wat hulle dink . Noord en Suid gaan homself weer
herhaal . Hou maar dop .

Judge Dredd ·

Gelukkig is daar geen kans dat hy moontlik van ouderdom sal doodgaan in presidentskap.

Hagar ·

Ek voel sommer net misluk as daar daar so gespog word met n kandidaad met miljoene en miljarde. Wanneer sal die mense begin dink aan integriteit en die regte statuur wat tuis hoort by die leier van die land en volk

Hendrik ·

Trump is die man wat homself op die lys geplaas het van die rykste mense in die wêreld, terwyl meeste rykes met alle mag van daardie lys af wil bly! Dit neem egter nie veel om meer intergiteit as Trump te hê nie, so jy hoef nie oor Bloomberg bekommerd te wees nie. Hy sal nie die VSA se ooreenkoms met Iran eensydig sonder rede verbreek nie, hy sal nie die Koerde wat sy oorlog veg in die rug steek ter wille van die Turke nie, hy sal nie militêre hulp vir Ukraïne terughou vir ondersoeke teen sy politieke opponente nie en so voorts.

Niklaas ·

Ja, Bloomberg moet eers by Elizabeth Warren verbykom. Hierdie is nie vinnige huiskoop vir hom nie. Dit sal hy sommer gougou leer en uitvind. Dan sal Trump nie sommer die handdoek ingooi nie , al is daar daagliks pogings in die VSA en selfs die Britse media om hom te sink. Ek dink hy is ‘n yster !

Hennie ·

Geld wat stom is maak reg wat krom is! Dié man is hopeloos te oud!

Feite ·

Daar is genoegsame getuienis en bewyse dat Trump n “con artist” is wat nog voor die verkiesing op sy eie fopnuus swaard gaan val.

Hendrik ·

Daar is baie Trump-aanbidders wat met jou sal verskil, maar as mens objektief na Trump kyk, is dit duidelik dat hy ‘n swendelaar van formaat is …

Charles ·

4 more years, 4 more years, 4 more years, 4 more years …. !!!

anoniem ·

Bloomberg gaan nie vir Trump wen nie maar ons moet onthou dat daar baie ander Democrats is. Pete Buttigieg bv. is besig om n groot naam vir homself te maak en dan is daar nog Joe Biden, Elizebeth Warren, Andrew Yang en Bernie Sanders. Amerikaaners verloor vertroue in Trump. Die weerkloosheid syfer is dalk af maar die ‘Labour Force Partisipation Rate’ is ook net so af wat die werksloosheids nommers kunsmatig af stoot.

Die kompetiese is te goed die keer en vertroue in Trump is verlore, hy’t nog nie eers sy grootste belovte vervul nie, waas die muur?

anoniem ·

Maar hoekom, ek dink baie mense ondersteun hom net blindelings.

Ronnie ·

Teflon Don is klaar besig om op te pak en hy trek sommer weg uit NY Florida toe. Sy grootste vrees is dat sy belastingopgawes aan die lig gaan kom. Hy veg hand en tand om dit te verhoed. Hy appelleer elke keer as ‘n laer hof bepaal dat hy nie ‘n keuse het nie. Dit moet aan die Huis oorhandig word. Baie binnekort sal die hoogste hof in die land of ‘n uitspraak lewer of aandui dat hulle nie die saak gaan opneem nie. Dan is Trump se doppie geklink. Sy suster, Maryann Trump Berry, het ‘n aantal maande terug skielik besluit om af te tree want sy het ‘n ondersoek na haar belastingopgawes in die gesig gestaar. Die appels val nie ver van die boom nie. Trump het nie ‘n trotse herkoms nie. Die vooruitsig dat die ware toedrag van sake tov sy finansies aan die lig gaan kom is wat hom so laat sweet en hiperventileer. Kanse is nie goed dat hy gaan hou tot die volgende verkiesing nie. Bloomberg is verniet bang dat daar nie ‘n goed genoeg kandidaat is om Trump te verslaan nie. As die hele wêreld weet hy is biljoene in die skuld en eintlik platsak sal sy ego dit nie kan hanteer nie. Hy sal stil-stil verdwyn.

anton ·

Ek kan duidelik sien hier is n paar kommentators wat absoluut geen idee het hoe die amerikaanse politiek werk nie!!!
En hulle kyk duidelik net CNN
Die wat bv. dink dat die president al die mag het en Amerika ”Run”, moet bietjie hulle huiswerk gaan doen!!!

Human ·

Siestog en foeitog, sodra iemand Don Tantrum Trump sien vir wat hy is dan kyk hul CNN, volgens die eenogiges. FOX News is seker soos die Don hul alfa en omega.

Blast from the past ·

Trump het sy belasting status sommer self aan die publiek bekend gemaak…CNN was bitter daaroor want hulle Breaking News was amper n week laat en hetn dag daarna eers agter gekim dit was Trump self wat dit bekend gemaak het….Trump het sy IRS status van afgelope 5 jaar al in 2018 “gerelease”…..dis nou al einde 2019….lees jy nie dalk ou berigte van die MSM nie?

Pieter ·

Nie heeltemal korrek nie Maroela Media. Hy is een van 17 Presidentiële kandidate in die Demokratiese Party. Hulle stem tussen Feb 2020 en Jun 2020 vir hulle kandidaat. Hy moet eers die ‘primary’ word vir die DP voor hy teen Trump te staan kom. Hy is gewild in die DP maar het strawwe kompetisie van Elizabeth Warren, Joe Biden asook Bernie Sanders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.