Miljardêr-seksoortreder dood in tronksel gevind

Jeffrey Epstein in polisieaanhouding. (Foto: AP Photo/Palm Beach Sheriff’s Office, File)

Die Amerikaanse miljardêr en finansierder Jeffrey Epstein is dood in sy tronksel in ʼn gevangenis in Manhatten aangetref.

Epstein (66) het glo sy eie lewe geneem. Hy is verlede maand in hegtenis geneem in verband met sekshandel-aanklagte.

Epstein, ʼn welgestelde verskansingsfondsbestuurder wat eens vriende met oudpres. Bill Clinton, pres. Donald Trump en prins Andrew was, het glo minderjarige meisies betaal om hom by sy huise in Florida en New York masserings te gee waar hy hulle glo gemolesteer het.

Die aanklagte teen hom hou verband met bewerings wat dateer uit die vroeë 2000’s.

Epstein se inhegtenisneming was te midde van ʼn hernude ondersoek na ʼn voorheen geheime pleitooreenkoms wat ʼn strafregtelike ondersoek teen hom beëindig het. Die ooreenkoms, wat nou in ʼn Florida-hof betwis word, het Epstein in staat gestel om in 2007 skuld te beken op ʼn minder ernstige aanklag van prostitusie.

Hy is toe as ʼn seksoortreder geregistreer, maar het ʼn lewenslange vonnis vrygespring. Hy is tot 13 maande agter tralies gevonnis. Die ooreenkoms het ook behels dat hy finansiële skikkings met sy talle slagoffers aangaan.

Volgens hofrekords het owerhede gesê minstens 40 minderjarige meisies is destyds na Epstein se Palm Beach-herehuis geneem vir seksuele ontmoetings nadat die meisies plaaslik en in ander dele van die wêreld gewerf is. Van die meisies is ook na Epstein se wonings in New York City, Nieu-Mexiko en ʼn private Karibiese eiland geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Magaretha van Heerden ·

Ons het dit verwag. Nie selfmoord nie maar hy is vermoor deur die Deep State. Omdat Trump hom jare terug geken het is dit al waarna die vals media verwys. Trump wou nie me t home vriende wees nie en het hom weggejaag jare terug oor sy eskapades. Die Clintons was sy gereelde seks gaste en word nou gladnie genoem nie. Net so Prins Andrew en talle ander celebrities. Hoe vals het die media nie geraak nie. Skep n totale verkeerde beeld van Trump omdat dit hulle pas. Die FBI wat veronderstel is om so “competent” te wees is gladnie. Die flieks van James Bond ens. is alles nonsense. Hulle soek gladnie vir die waarheid nie.

Heidi ·

Die verskil tussen Trump en Epstein is ouderdom van hulle slagoffers. Wat Epstein n pedofiel maak en Trump n sekspes. Asb moet regtig nie probeer Trump regverdig as heilig Hannes nie. Geld is hulle god.

Donderstorm ·

Ja met n 100mil dollar prysgeld op jou kop sal jy seker nie oorleef nie of sal jy?so hyt selfmoord gepleeg in n sel met niks items of kledingsstukke wat jy kan gebruik nie met selfmoord wagte by jou so as hul hom as so n belangrike getuienis geag het hoekom hom dan daar in daai tronk gesit?.so is hy werklik dood?

PB ·

……snaaks hoe die rykes kastig “sterf” as dinge re warm raak…..bekend pop-sangers “sterf” ook….net om onder ander identiteite hulle eskapades met kinders voort te sit…….hierdie keer is dit swael en vuur soos Sodom&Gemorra…en nie weer deur water nie…..gaan aan.

Lynette ·

Rinkhals….jy is kortsigtig. Hy kon al die ander name van persone wat saam met hom kop in ern mus was, genoem het of dit sou in sy hofsaak uitgekom het. Nou is daar niks.

Frederik ·

Deep State influence… So korrup soos kan kom… Amerika was ons ondergang. Ons betaal reeds 25 jaar hieroor met ons geliefdes se wel en weë. Nou is Donald Trump daar om die onreg om te draai.. Kyk wat gebeur met die reg en regverdigheid.. Liberale gaan en is besig om die wêreld te verwoes teen die Heilige woord en ons Lewende God.

Mel ·

Mageretha dis absoluut waar. Trump het hom jare terug van golf estate verwilder omdat Epstein met minderjariges gelol het. Hy is n getuie en bedreig die Clinton clan. Daar was voorspel hy gaan gesuicide word soos soveel ander Clinton vrinne. Youtube “Clinton Cash” vir waarheid oor Clinton Foundation en Haiti reddingsfonds.

Osie ·

great nuus! was duidelik so skuldig soos 10. Dankie tog die stuck gemors is weg

Kosie Kramer ·

Osie, dis nié goeie nuus nie, want hy neem nou baie geheime saam graf toe. Daar word lank reeds bespiegel dat hy ‘uitgehaal’ gaan word, om hooggeplaastes te beskerm. Hy is ook (was) Joods, wat beteken dat hulle goeie naam nie besoedel mag word nie. En dis nie samesweringteorieë nie.

Basjan ·

Kosie Kramer, jy is heeltemal reg as jy sê hy neem nou baie geheime saam graf toe. As daardie geheime sou uitkom, sou heelwat belangrike persone se skandes op die lappe kom.

Schalk ·

Hillery en Bill Clinton se maaitjie.Toe maak hulle hom dood want baie van die demokrate is betrokke.Hulle altwee het sy seks eilande besoek n paar maal.Daar het al senatore en regters bedank.

Ander Koos ·

Kan tereg vra waarom word Clintons nie aangetree nie? Gerugte dat Hillary en Bill ook by soottgelyke misdrywe en selfs moord , betrokke is loop sterk. Epstein se dood is beslis tot hulle voordeel. Wat ‘n siek samelewing!!

BILLY COX ·

Nes die Broederbond en hul BSB bedrywighede om GERT VAN ROOYEN EN JOEY HAAROFF…….. DAAR MOET N SKAKEL WEES.

Johan Swart ·

“Brotherhood” of te wel Freemasons…manne wat Suid-Afrika leeg gesuig het ,en die lëe dop geruil het vir ’94 se “Freedom”….weg is ons land se mineraal en diamant regte….Broederbond sit nou oorsee in hul Dubai,Frans en Italiaanse Villas….met miljoene.

Marius ·

Ha Ha Ha! Sjoe! Billy en Johan nou praat julle darem wye goed waarvan julle nie regtig weet nie.

Denise ·

INDERDAAD Billy en Johan INDERDAAD!
Verblywend om te sien sommige mense, is dárém al verlig en onder die dekmantel van duisternis van vrymesselaars en broedersbond uit…!!!

Pieter Botha ·

Marius jy moet nie vrees nie, baie mense weet maar baie min…..as jy oningelig is moet nie die hordes “sheeple” nader roep om saam te kom blêr en hoop die wolwe gaan skrik nie….hou op DSTV en rugby,krieket etc. kyk…..word “wakker”…sodat jy weet hoekom sekere dinge gebeur…..stap uit jou huis uit en kyk op na die lug wat voos gespuit is deur chemtrails….tyd van slaap is verby.

Gert ·

Arme Marius sal nog uit sy koekon uitkruip en dan is alles te veel vir hom.

Gerhard ·

Mmmm… Ek het dit nooit besef nie. Daar is ook die een dat Haas Das nooit ‘n pop was nie, maar eintlik ‘n despoot binne die SAUK; en dat Liewe Heksie eintlik deur die ANC-vroueliga gestuur is om die Broederbond te ondermyn. Ek beter hier stop, cause they’re coming to take me away…

Kobie Welgemoed ·

Ek huil glad nie. Jammer hy het dit nie gedoen toe hy agter gekom het hy het ‘n groot probleem nie. Hoop hy kry nou wat hy verdien.

Ra Amon Khan ·

Rykdom kan vryheid van die regstelsel koop….en n nuwe identiteit….en vryheid op n eiland alleen….terwyl almal dink jy is kastig dood,en jou liggaam gerieflik veras is sodat geen DNA of nadoodse ondersoeke gedoen kan word nie……kyk maar na Dave Dave.

Christa ·

Daar sou Baie se name Dalk genoem geword het as die saak eers begin. Hoop maar hyt Sy saak met God reg gemaak Anders Gaan Hy groter straf verduur

Buldust! ·

Regtig? Leuens en bedrog… ek dink hy is springlewendig… uit die tronk verwyder deur die Clintons en Kie… dink maar so ‘n bietjie!!

Valerie ·

Baie conspiracy theories hier, heh? Wow, sy vieslike (eens geheime) dade met mimderjariges is ‘n paar dae gelede bekend gemaak en gepubliseer. Dit klink eerder vir my hy het gesien daar is nie ‘n ander manier uit vir hom nie.

Gert van Rooyen ·

So gedink ou Trumpet kan ook ma nie sy handjies tuis hou nie! (OU PADDA DRA MANEL) verseker hulle is voels van eenderse vere!

MAGA2020 ·

MAGA2020 vir al die swak logiese denke van liberale mense wat twak verkoop oor Trump!

Michelle ·

Ander mense se lewens is regtig duister.
Geld maak mense mal.
Al die goed is onnodig.
Dis eintlik jammer dat dit so geeindig het.

Niklaas ·

Geen simpatie met hierdie kerel nie. Tog wonder ek waarom so n mens daardie paadjie kies. Hy is nie onaantreklik , stink ryk met talle hooggeplaaste vriende. Waarom nie sy lewe aanvul met n waardige vrou wat hom bekoor en sy beste lewensmetgesel is of sal so iemand nie getrou kan wees aan enkel dame nie ? Hy kon mos hierdie einde verwag het. Dalks is ek naïef , maar sy lewe kon vol (skoon) avontuur gewees het en nou is alles beïndig.

Pega ·

Hoe aantreklik of ryk jy is het NIKS te doen met hoe siek jy in die kop kan wees nie. Wens mense wil ophou vaskyk in die uiterse en besef dat dit niks beteken nie.

gatiep ·

Niklaas hy was net ryk en vriende met daai hoog geplaaste mense omdat hy gedoen het wat hy gedoen het.

Connie ·

Vir die wat dalk nie weet nie. Donald Trump is ‘n man van God en deur God aangestel as President van Amerika.

Pampoen ·

Connie skrik tog net wakker ou trumpet het erken hy het vieslike vuil OU handjies en as n Godsman dan so is en boonop geweld aanblaas dan wonder ek wies jou leier!

Phillip ·

En so vat hy niks van sy geld saam met hom nie nie n sent van sy geldjies nie

anton ·

Pampoen….ek kan verstaan hoekom jou skuilnaam Pampoen is!!!! Ai ai ai.

PietCoke ·

Ja self prinses Diana is ook nie dood nie, sy het `n sexchange gehad en leef nou as David Furnish …Elton John se lewensmaat. So ook is die gespuis van `n Epstein nie dood hy drink nou `n dop erens op `n eiland met minderjarige meisies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.