Miljardêr vas oor ‘sekshandel met minderjariges’

Jeffrey Epstein in polisieaanhouding. (Foto: AP Photo/Palm Beach Sheriff’s Office, File)

Die Amerikaanse miljardêr en finansierder Jeffrey Epstein sal Maandag in die hof verskyn nadat hy in New York in verband met sekshandel-aanklagte in hegtenis geneem is.

Epstein (66), ʼn welgestelde verskansingsfondsbestuurder wat eens vriende met oudpres. Bill Clinton, pres. Donald Trump en prins Andrew was, is Saterdag in hegtenis geneem en sal vandag in ʼn hof in Manhattan verskyn.

Die aanklagte teen hom hou verband met bewerings wat dateer uit die vroeë 2000’s.

Volgens wetstoepassingsbeamptes word Epstein daarvan beskuldig dat hy minderjarige meisies betaal het om hom by sy huise in Florida en New York masserings te gee waar hy hulle glo molesteer het. Die beamptes het op voorwaarde van anonimiteit gepraat omdat hulle nie by magte is om die saak te bespreek nie.

Epstein se inhegtenisneming kom te midde van ʼn hernude ondersoek na ʼn voorheen geheime pleitooreenkoms wat ʼn strafregtelike ondersoek teen hom beëindig het. Die ooreenkoms, wat nou in ʼn Florida-hof betwis word, het Epstein in staat gestel om in 2007 skuld te beken op ʼn minder ernstige aanklag van prostitusie.

Hy is toe as ʼn seksoortreder geregistreer, maar het ʼn lewenslange vonnis vrygespring. Hy is tot 13 maande agter tralies gevonnis. Die ooreenkoms het ook behels dat hy finansiële skikkings met sy talle slagoffers aangaan.

Volgens hofrekords het owerhede gesê minstens 40 minderjarige meisies is destyds na Epstein se Palm Beach-herehuis geneem vir seksuele ontmoetings nadat die meisies plaaslik en in ander dele van die wêreld gewerf is. Van die meisies is ook na Epstein se wonings in New York City, Nieu-Mexico en ʼn private Karibiese eiland geneem.

Epstein se ooreenkoms is gelei deur die voormalige Miami-prokureur, Alexander Acosta, wat nou Trump se minister van arbeid is. Acosta het voorheen die pleitooreenkoms verdedig en gesê dit was “gepas onder die omstandighede”, hoewel die Withuis in Februarie gesê het daar word opnuut ondersoek ingestel na die manier waarop die pleitooreenkoms bereik en hanteer is.

Regter Kenneth Marra van Florida het vroeër vanjaar beslis Epstein se slagoffers moes volgens federale wetgewing eers gekonsulteer geword het oor die ooreenkoms, en daar word nou oorweeg om die ooreenkoms te kanselleer.

Dit was nie onmiddellik duidelik of dieselfde slagoffers betrokke is by die sake wat in 2007 ter sprake was en die aanklagte waarop Epstein nou in hegtenis geneem is nie, aangesien byna al die slagoffers se identiteit onbekend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lynette ·

NATUURLIK gaan sy hope geld hom ‘uit die een help’. Kyk maar net na OJ Simpson.

Lynette ·

Die spreekwoord lui nie verniet GELD WAT STOM IS MAAK REG WAT KROM IS…..

hendrik ·

Skull & bones klub soos die Busch familie en al die ander presidente en bankiers en besigheidslui.

Gert van Wierdapark ·

Interessant dat Acosta nou mini-ster van Arbeid in Trump se span is! Miskien het die ou ook n paar geraamtes in die Kas wat nou kan begin ratel,!?

Haan ·

Epstein… Watse mense het gewoonlik die agtervoegsel “stein” in hul vanne?

Kyk die dokumentêr “an open secret”

Siek siek wêreld

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.