Miljoene bestee om FB-baas veilig te hou

Mark Zuckerberg, medestigter en uitvoerende hoof van Facebook. (Foto: Xinhua/Li Xin)

Mark Zuckerberg, die uitvoerende hoof van Facebook, verdien dalk ʼn skrale salaris van net $1 per jaar, maar sy persoonlike beskerming het die sosialemediareus verlede jaar ʼn paar miljoen dollar uit die sak gejaag.

Forbes berig Facebook het verlede jaar $22,6 miljoen (sowat R315 miljoen) bestee aan sekuriteit vir Zuckerberg, meer as dubbel soveel as in 2017. Dit kom neer op ongeveer R860 000 per dag om die miljardêr-sakeman veilig te hou.

Facebook het dié koste toegeskryf aan “spesifieke bedreigings van Zuckerberg se veiligheid”. Fox News berig Zuckerberg se sekuriteitsmaatreëls word elke jaar hersien om te verseker hy is in geen gevaar nie. Facebook sê egter die bedreiging van Zuckerberg se veiligheid word elke jaar meer.

“Sedert die instelling van sy algehele veiligheidsprogram het elke assessering spesifieke dreigemente teenoor mnr. Zuckerberg aan die lig gebring weens die hoëprofiel-aard van ons stigter,” het Facebook gesê.

Zuckerberg ontvang ʼn amptelike salaris van $1 per jaar en het in 2018 ook geen bonusse of aandeelgeld ontvang nie. Facebook betaal egter vir sy en sy gesin se persoonlike sekuriteit by hul huis, asook wanneer hy reis. Volgens CNN was ongeveer $2,6 miljoen van Zuckerberg se vergoeding in 2018 vir reise per private vliegtuie, wat die maatskappy sê deel vorm van sy veiligheidsprogram.

Sommige meen Zuckerberg se sekuriteit is die duurste van alle uitvoerende hoofde ter wêreld. Financial Times berig Jeff Bezos, stigter en uitvoerende hoof van Amazon, het in 2018 $1,6 miljoen ontvang om sy sekuriteit te dek. Dara Khosrowshahi, uitvoerende hoof van Uber, het net meer as $42 miljoen ontvang vir sekuriteitsdoeleindes.

Zuckerberg (34) is een van die wêreld se rykste mense en is volgens Bloomberg se miljardêrindeks net meer as $70 miljard sterk. Hy is getroud met die pediater Priscilla Chan en het twee kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rosemary ·

Met dié dat verbruikersdata so uitgelek het die afgelope paar jaar verbaas dit my glad nie. Die maatskappy het GEEN respek vir mense se privaatheid. Mense begin keelvol raak vir sulke “blapse” en sommiges het hul mes in vir hom.

Kan amper nie glo dat daar mense is wat nog van Facebook gebruik maak met al die ongerymdhede wat al op die lappe gebring is nie. Dis is pleinweg gese gemors.

gatiep ·

Klink vir my hy het vir homself n tronk gebou.
Gedog dis net ons in Suid Afrika wat ons eie tronke bou.

Ria Maritz ·

Ja wat. Ons leef ook in tronke. Groot verskil, ons lees net van daardie groot syfers. Verder word ons Plaasboere en Blankes uitgemoor.

Tjokkie ·

Hy beter want dit lyk asof hy’n LIBERAAL is wat alle witmense se blaaie en groepe toemaak op FB en alle ander gelowe en anderskleuriges se haatspraak verduur .. so ja . ek sou ook bang wees as ek hy was .. hulle is baie selektief met wie se blaaie hulle ban en wie sn toegelaat word.

Lagwekkend ·

Die Grootbaas van FB verdien net 1 miljoen dollar salaris per jaar.
Vir wie probeer hy bluf.

Steve ·

As behuising, kruideniersware, elektrieseteit, brandstof, vakansie en vervoer deel vorm van sekuriteit, sal ek oorweging begin skenk aan sy salaris van $1/jaar. Hy lieg só dat hy homself glo!

Blommie ·

Nee wat dis nie al die geld in die wereld die moeite werd om so te leef nie.

Heksie ·

Zuckerberg kan maar sy facebook druk waar die son nie skyn nie!
Ek’s klaar daarmee! Amerikaners gaan my nie vertel wat ek mag en nie mag sê nie!

Kerrie Vlam-Skiet Briekstreep ·

.
.
Falsebook …..daar waar almal voorgee hul leef ander lewens as wat hulle rêrig doen.

…..Vleisbroek het al meer verhoudings en gesinne opgebreek as net gewone rondslaap…
.
.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.