Miljoene geëis vir vrylating van ontvoerde sendelinge

‘n Foto van Port-au-Prince in Haiti, wat in 2019 geneem is. (Foto: CHANDAN KHANNA / AFP)

Die bende wat ’n groep Amerikaanse sendelinge Saterdag buite Port-au-Prince in Haiti ontvoer het, eis luidens internasionale berigte nou $17 miljoen (sowat R248 miljoen) vir hulle vrylating.

Die bende, bekend as 400 Mawozo, het 16 Amerikaners, onder wie vyf kinders, en een Kanadees as gyselaars geneem nadat hulle ʼn weeshuis in Croiz-des-Bouquets besoek het.

Die minister van justisie in Haiti, Liszt Quitel, het aan CNN gesê die gyselaars word glo op ʼn perseel buite die stad aangehou. ʼn Losprys $1 miljoen word vir elke gyselaar geëis.

“Die bende het verskillende plekke waar hulle gewoonlik hul gyselaars aanhou.

“Die ontvoerders is gewaarsku om nie die gyselaars seer te maak nie en wat die gevolge sal wees indien dit sou gebeur,” het Quitel aan CNN gesê.

Volgens Quitel het die bende hulle egter nie veel aan dié waarskuwings gesteur nie en met hul eise volstaan.

ʼn Bron in Haiti se veiligheidsmagte sê dat alle gyselaars in dié stadium veilig is. Die bron het ook gesê dat die bendelede in hul kommunikasie met owerhede “kalm” voorgekom het en nie senuweeagtig was nie.

Quitel sê dat Haitiaanse polisieonderhandelaars en die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) met die sendelinge in kontak is en hulle deurgaans adviseur. Onderhandelinge gaan ook voort.

Die sendelinge is aan die Christelike groep Aid Ministries van die Amerikaanse deelstaat Ohio verbonde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Shakespeare ·

Ek sal maar nie weer n gebed vir die sendelinge plaas nie want Maroela gaan dit weer verwyder. Sterkte julle.

Hennie ·

Haiti…..voorbeeld van ‘n paradys eiland wat deur politici verniel is tot die armste land in die wêreld. Wonder altyd wat Yankee sendelinge daar soek….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.