Miljoene mense met ‘skelmpies’ se inligting glo gepubliseer

'n Skermskoot van die webtuiste.

‘n Skermskoot van die webtuiste.

Persoonlike inligting wat gesteel is van ʼn webwerf waar getroudes ʼn ‘skelmpie’ kan soek, is volgens berigte op die internet gepubliseer.

Die BBC berig die inligting wat vroeër vanjaar ná ʼn kuberaanval op ashleymadison.com gesteel is, is glo op die sogenaamde “donkerweb” of “diepweb” gepubliseer is wat beteken dit is slegs beskikbaar via geënkripteerde webbedieners.

Die webtuiste ashleymadison.com moedig buite-egtelike verhoudings aan en het glo sowat 40 miljoen lede regoor die wêreld en tot 175 000 Suid-Afrikaners is op dié webtuiste geregistreer. Volgens Avid Life Media (ALM), die maatskappy wat Ashley Madison besit, is ʼn tegnologieveiligheidsfirma aangestel om die saak te ondersoek.

Die kuberkrakers het nadat hulle die persoonlike inligting gesteel het, gedreig om dit bekend te maak indien die webtuiste nie totaal verwyder word nie.

Die tegnologiewebtuiste Wired beweer daar is 9,7 GB se data gepubliseer en dat dit mense se kredietkaartbesonderhede insluit.

ALM het in ’n verklaring gesê hulle werk saam wetstoepassers om die skuldiges vas te trek. “Die krimineel, of kriminele, wat hierby betrokke is het hulself aangestel as die morele regter, jurielid, en laksman, en sien niks daarmee fout om ’n persoonlike idee van kuisheid op die hele samelewing af te dwing nie. Ons sal nie ledig sit en toelaat dat hierdie diewe hul persoonlike ideologie op burgers regoor die wêreld afdwing het nie,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Poplap ·

Jy het duidelik nog nie van die uitdrukking “It takes two to tango” gehoor nie.

Berhalet Beukes ·

Wat? Waar pas “persoonlike idee van kuisheid” in die prentjie? Is ALM se “persoonlike idee” om wellus ensomeer te bevorder iets om op trots te wees? Sies, dis walglik! As jy wil rondloop en rondkyk, moenie trou nie!

candice ·

Oh my! Dat mense actually subscribe aan die webtuistes…. dis erg!

SNEL ·

Die mense wat al die persoonlike inligting gesteel het, is die klomp wat teen die webtuiste is. Dis hulle wat kuisheid ens soek. Hulle dreig om die persoonlike inligting bekend te maak van die mense, as die webtuiste nie verwyder word nie. Die beste diefstal ooit, ek sal sê hou op dreig en maak dit sommer bekend en as hulle aangaan met die webtuistr, steel weer en maak weer bekend. Hoeveel van daai 175 000 (dan praat ons net van SA) mans en vrouens se hander helfde weet nie eers hoe daar agter hulle rug tekere gegaan word nie. Skandelik, hoekom trou jy as jy nie met een persoon tevrede is nie. Skei dan eerder voordat jy sulke goed doen.

Liewe land! ·

Hoerery se verdrietige gevolge is legio. Dit is voorwaar onbegryplik hoe sommige mense daardie klein ‘deeltjie’ van hulle liggaam kan toelaat om hulle te regeer en beheer.
Weersinwekkend inderdaad.

Winston ·

Die woord (Bybel) verbied dit sonder om dreigemente te maak. Hou by die reëls. Dis net so maklik soos internet

Jax van Niekerk ·

sommige mense neem die “jy moet jou naaste liefhe soos jouself” bietjie te ernstig op……en ook net so lank as wat hulle kan betaal.

Fanie ·

Dit is in elk geval alles voorspel, so wat kan mens nou anders verwag. Sedeloosheid, wetteloosheid, boosheid, vuilheid, ………. En dit gaan net erger raak.

Pauline ·

Stem saam dit is voorspel in die Woord en dit gaan baie erger raak.

Anita ·

Dis reg, maak die name bekend.

Wat het geword van respek vir jou huwelik?

Gerhard Bezuidenhout ·

Verseker sal n groot klomp weglehennetjies nou bekommerd wees.

Ben ☺☺☺ ·

Hoera vir die “hackers” – maak die name bekend !

Treurgrond ·

Ek stem saam saam met Ben – hoera vir die “hackers” maak daai name bekend. As ‘n mens die dag trou sweer jy mos trou aan jou ander helfte – jy sal hom/haar liefhe en net vir hom/haar, maar in vandag se lewe gaan dit glad nie so nie. Is daar nog ‘n ordentlike man daar buite ? dis wat ek as vrou vra want ai ai ai ‘n mens sien te veel dinge. MAAR GAAN VOORT MAAK DAAI NAME BEKEND – daar moet trouheid in ‘n huwelik wees. As jy verveeld is of nie “happy” is nie skei dan maar moet seblief nie rondneuk nie.

Kotie ·

Net so, maak dit bekend hoekom nog wag en dryg.
Dis alle mense se goeie reg om te weet of hulle verkul word deur hulle lewensmaat, hoe siek kan die mensdom wees en hoeveel het nie reeds siektes vir hulle ander helftes gegee nie. Ek sal graag wil weet hoeveel van die 175 000 is manne en hoeveel is vroue. SKANDELIK!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.