Miljoene vir Schumacher-horlosies betaal

Agt horlosies wat aan die Formule Een-legende Michael Schumacher behoort, is vir miljoene verkoop. (Foto: X)

Agt horlosies wat aan die Formule Een-legende Michael Schumacher behoort, is Dinsdag op ’n veiling in Genève, Switserland, vir miljoene verkoop.

Die sewemalige F1-wêreldkampioen was ʼn geesdriftige horlosieversamelaar tot hy in Desember 2013 ernstig in ʼn ski-ongeluk beseer is. Schumacher is sedertdien nog nie weer in die openbaar gesien nie.

Twee van die horlosies wat op ʼn veiling van die afslaer Christie’s verkoop is, was persoonlike geskenke wat Schumacher van die voormalige Ferrari-spanhoof Jean Todt ontvang het om sy prestasies op die renbaan saam met die Italiaanse vervaardiger te vier.

ʼn FP Journe Vagabondage, met ʼn wyser wat hulde bring aan die sewe F1-wêreldkampioenskappe wat Schumacher gewen het, is vir $1, 6 miljoen (byna R30 miljoen) opgeveil.

Die koper van ʼn vintage pienk-goue Patek Philippe-horlosie het $2,7 miljoen (amper R50 miljoen) daarvoor opgedok.

Remi Guillemin, horlosiespesialis by die afslaer, het die Schumacher-familie bedank vir hul vertroue in Christie’s met die verkoop van die horlosies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

koos10 ·

Andre. Ek dink sy miljoene is dalk bietjie laag. Hy kry 24 uur per dag mediese sorg by sy huis. Al vir amper 11 jaar. Dis nie goedkoop nie.

Alta Alleman ·

Dat dit tot hier moes kom om oorlewing. Hy het miljoene gemaak met F1 net om dit aan die einde van die dag hom aan die lewe te moet hou. Die geld vir sy horlosies is glo vir verdere behandeling vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.