Miljoenêr nadat hy meisie se versoek ignoreer

Foto: MLive

Foto: MLive

ʼn Man wat sy meisie se versoek, dat hy nie meer loterykaartjies moet koop nie geïgnoreer het, het $1 miljoen in die Michigan-lotery gewen.

Die man, wat anoniem wil bly, het in die geheim nóg ʼn $10-kaartjie gaan koop, berig MLive. Hy het die kaartjie glo tot die volgende oggend weggesteek en in die badkamer die nommers gaan afkrap.

Die man ontvang ʼn enkelbedraguitbetaling van $634 517 (meer as R7.8 miljoen).

Hy beplan glo ʼn vakansie na Skotland, en hy het inderdaad sy meisie saamgenooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Hy moet dit ten eerste gaan vasbelê vir ten minste 5 jaar. Hy kan vra dat hulle maandeliks van die rente aan hom betaal, anders gaan dit net “deur sy vingers glip” en sal hy na 5 jaar NIKS daarvan oorhê nie! “Easy come, easy go”.

anne ·

Sy is seker baie bly dat hy die keer nie na haar geluister het nie!

Peet Schabort ·

Dit werk soos spoke. Jy hoor net daarvan maar sien hulle nooit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.