Minder ys oor Wes-Antarktika beïnvloed swaartekrag

Foto: travel.nationalgeographic.com

Foto: travel.nationalgeographic.com

‘n Satelliet van die Europese Ruimte-agenskap het met fyn metinge daarin geslaag om te bepaal dat daar ’n klein afname in die aarde se aantrekkingskrag oor Wes-Antarktika was, wat met die afname in ysbedekking verband hou.

Die opname is van November 2009 tot Junie 2012 gedoen, en deur wetenskaplikes van die Duitse Geologiese Opnamesentrum ontleed. Die verminderde ysbedekking is akkuraat deur die satelliet, GOCE, se lesings weerspieël.

Daar kom van plek tot plek geringe wysigings in die aarde se aantrekkingskrag voor wat onder meer met rotasie, die teenwoordigheid van berge en trôe in die see verband hou. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.